AE
Audrey E

1 reviews | Active since Jul 2020

05 Jul 2020, 07:25

Swak bestuur, Swak gehalte

Hello almal Ek het gister na die pick n pay in northriding gegaan en ek wou skaap tjops koop en koel drank. Daar gekom sien ek toe die uitverkoping op skaap tjops vir helfde van die prys. Net daar vat ek toe 3 pakkies, die tjoppies lyk heel goed en kon geen problem met dit kry nie. Toe ek by die huis kom en die pakkies oop maak vang daai vrot reuk dadelik my neus vang toe dag ek dit is net die een Pakkie toe maak ek die ander twee oop en presies dieselfde. Ek skryf hier op hello Peter omrede dit onmenslik is van pick n pay om vrot vleis af te merk vir helfde van die prys en aan die klient te verkoop. Ek gaan op Maandag 6 Julie 2020 die gesondheid inspektere na pick n pay stuur, want hierdie was nie die 1ste insident nie, hulle reseal vrot Kaas en ander produkte op die rakke en ek dink dit is regtig tyd dat die gesondheid inspektere bietjie ondersoek daar gaan instel. Ek hoop can Harte dat hierdie boodskap by hoofkantoor uitkom. Want ek is goed kwaad. Wie verkoop vrot vleis aan hulle klient, veral in die tyd van afsondering? En die vleis prysse is belaglik hoog. Kyk pick n pay was altyd n winkel wat ek my hele lewe lank ondersteun het maar na gister se insident is ek bevrees dis n saak wat ek glad nie hier gaan Los nie. Groete A

0
Replies (0)