Shocking incident that took place

Ek het 'n onaangename ondervinding gehad by julle PnP tak Wellington ongeveer 2 Julie en het dit aangemeld bu julle customer care epos adres maar nogsteeds niks gehoor nie en wil dit graag onder jou aandag bring tot by iemand wat werklik iets sal kan doen aan hierdie saak.

Ek is al 25 jaar gestremd met 'n kunsbeen en al 12 jaar 'n getroue kliënt by julle. Ek maak altyd gebruik van die gestremde parkering wat maar sy eie probleme het soos mense wat nie daar mag parkeer nie en die wiele wat nooit geclamp word nie omdat daar nie voorraad is nie.

Daar is 'n vreeslike behulpsame man, Mnr Matthew Jacobs, wat my altyd te hulp snel en vra of hy kan help as hy my sien. Hy het my 'n week gelede gehelp om heel voor in die ry te kom staan met my trollie, voor al die ander mense. Aangesien ek 'n kunsbeen dra, swel my ander voet geweldig op en ek kan glad nie staan nie. Ek gebruik juis 'n groot trollie om op te leun. Mnr Jacobs weet baie mooi hoe om met gestremde mense te werk en hulle op hulle gemak te laat voel. Jou ander werkers is glad nie opgelei nie, inteendeel hulle benodig 'n kort kursus in mense verhoudinge en gestremde kliënte. Die dame by die till wou my nie help toe Mnr Jacobs haar vra om te help nie. Die mense in die ry was ontevrede en ongeduldig en ek neem hulle nie kwalik nie, hul weet nie hoekom ek voor in die ry gaan staan nie. Die dame by die till wou nie luister na Mnr Jacobs nie, so dat ek voor almal my gestremdheid aan haar moes verduidelik en sê hoekom ek nie kan staan nie. Ongewillig het sy wel my items laat deurgaan, maar ek as kliënt het in ‘n verleentheid daar weggestap. As jy 'n gestremde persoon sien is jy veronderstel om dadelik te vra of jy kan help, die kliënt dadelik help tot voor in die tou, en 'n bordjie moet iewers opgesit wees wat sê “please be kind to let people with disibilities go to the front of the qeue”. In Nedbank het hulle so bordjie asook 'n stoel vir so persoon om te sit. Ek stel voor julle kry so iets in plek. Ek staan op vir gestremdes en is oral betrokke waar ek 'n verskil kan maak.

Eergister toe staan ek met my 2 klein kindertjies en my trollie in een van die gange. Ek het probleme met my vroudele en kry massiewe menstruasies en geweldige krampe daarby wat my in ER laat draai het. Ek was fine in PicknPay maar skielik toe kry ek hierdie krampe dat ek dubbel vou in die gang by my trollie. So naar van die pyn dat ek wil opgooi. My kinders hardloop rond en wil my help. Ek los my trollie net daar en maak so vinnig ek kan en vra iemand se hulp na die badkamer. Sy sê eers dis vir staff en ek mag nie daar ingaan nie. Ek probeer verduidelik dat dit 'n noodgeval is en wil amper aan haar vasklou. Om die draai sien ek vir Mnr Jacobs en ek vra asb ek moet vinnig badkamer toe. Die security vrou daar weier prontuit en sê ek mag nie. Ek sê vir haar asb! Dis 'n noodgeval! Ek en Mnr Jacobs probeer verduidelik maar sy wil niks weet nie. Mnr Jacobs probeer toe vir Mariska van Rensburg op die radio opvang en vra dat sy kom. Intussen is my oë rooi, ek is besig om vreeslik te bloei en ek proe al opgooi in my mond. Mariska kom daar aan en Mnr Jacobs probeer aan haar verduidelik dat ek dringend die badkamer nodig het. Sy weier en skel vir Mnr Jacobs so dat ek trane in my oë kry. Sy sê vir hom “jy weet baie goed wat die reëls hier is!” en”jy is die een wat gaan verduidelik!” Sy weier om oop te maak en Mnr beveel die security om oop te maak. Ek bloei erg, is baie naar en my trane loop. Ek gaan deur badkamer toe en gooi op. My kinders was in 'n toestand oor die bakleiery en om my so te sien in die badkamers. Ek het myself en my kinders kalmeer, myself skoon en droog gemaak en daaruit gestap. Verontwaardig, bitterlik hartseer en geskok. Mnr Jacobs het met die uitstap vreeslik omverskoning gevra. Hy het 100% reg opgetree soos 'n mens moet optree wat omgee.

Aangeheg 'n foto van my asook van my enigste voet wat so lyk van net 1 dag se bietjie loop, dus kan ek nie staan nie.

Good day Liezel,
Thank you for taking the time to address your concerns with us.
Kindly accept our apologies for the bad service received.
We view this incident in a very serious light and do not condone this sort of behavior at our stores.
We appreciate your feedback and value you as a loyal Pick n Pay customer and are committed to improve continually on our service levels.
Kind regards,
Vanitha Venketas
Good day Liezel,
Thank you for taking the time to address your concerns with us.
Kindly accept our apologies for the bad service received.
We view this incident in a very serious light and do not condone this sort of behavior at our stores.
We appreciate your feedback and value you as a loyal Pick n Pay customer and are committed to improve continually on our service levels.
Kind regards,
Vanitha Venketas