1 reviews | Active since Dec 2016

25 Nov 2019, 18:14

Pick a Pay adverteer VALS

Op Vrydag 22 Nov het ek na Carletonville Pick a Pay Drankwinkel gegaan om geskenkpakke wat geadverteer word in die Pick a Pay Kersfees katalogus te gaan koop. Nie 1 van die 3 geskenkpakke (Amarula geskenkpak van R119, Cape Velvet geskenkpak van R149 en die Wild Africa geskenkpak van R125) wat ek wou koop was beskikbaar by die Carletonville tak nie. Ek het die bestuurder genader en uitgevra daarna en hy was nie eers bewus daarvan dat die spesifieke produkte op uitverkoping is nie. Ek het na sy kataloguste gegaan en dit oopgemaak en aan hom gewys. Hy het aan my gesê dat dit nie aan hom gestuur is nie maar dat hy vir my sal navraag doen en dat ek weer op Maandag 25 Nov na hom moet gaan. Toe ek weer vandag gaan navraag doen was ek deur hom meegedeel hy is jammer hy kan my nie help nie want hy kry nêrens by die ander takke die spesifieke geskenkpakke nie. My vraag dan nou is, HOEKOM adverteer julle valslik. As dit mos in die katalogus is dan MOET ek dit in die winkel ook kan koop. Ek is baie teleurgesteld in Pick a Pay want dit was NIE die 1ste keer wat so iets gebeur het nie. Op die Terme en kondisies is niks wat sê dat dit slegs uitgesoekte takke is nie. Daar staan slegs nie beskikbaar by Express winkels nie maar Carletonville se tak is nie 'n Express winkel nie. Moet ook nie sê dit was uitverkoop nie want volgens die bestuurder het hy NIKS al ontvang nie.

0
Replies (1)
Pick n Pay
Pick n Pay's reply29 Nov 2019, 13:18
Official
Good day  Amanda, 

Thank you for choosing Pick n Pay.  Please accept our apologies for the delay in response and any inconveniences caused to you.  We view this incident in a very serious light, we are busy addressing this with our management team.  We value you as a Pick n Pay customer and are committed to improve continually on our service levels.  Kind regards,
The Pick n Pay Team