CD
Chantelle D

1 reviews | Active since Oct 2021

31 Dec 2025, 10:36

Oortreding van die Verbruikersbeskermingswet (CPA) | Misleidende C***** Trolley Dash Kompetisie

<div>Ek plaas hierdie klagte met groot frustrasie en teleurstelling oor Pick n Pay se hantering van ’n C***** Trolley Dash kompetisie wat op Facebook geadverteer is. Volgens die advertensie moes verbruikers C*****-produkte aankoop om in aanmerking te kom. Die kompetisie sou op 20 Desember sluit en die wenner sou die trolley dash op 22 Desember trolley dash sou plaasvind. Geen van dit het gebeur nie. Daar was geen aankondiging, geen verduideliking en geen kommunikasie met deelnemers nie. Wat hierdie situasie nóg meer ontstellend maak, is dat daar slegs drie (3) deelnemers aan die kompetisie was. Ten spyte hiervan: Is die aangekondigde trekking op 22 Desember nie gedoen nie Is geen rede verskaf vir die vertraging nie EN IS DAAR eers nádat ek Pick n Pay weer 30ste hieroor gekonfronteer het, op 31 Desember skielik ’n ander wenner aangewys. Weereens geen bewys hoe wenner sommer gekies is nie!!!!!!!!!!! Met slegs drie deelnemers behoort die proses uiters eenvoudig, deursigtig en onmiddellik te wees. Die feit dat dit nie so hanteer is nie, laat ernstige vrae ontstaan oor die billikheid en geloofwaardigheid van die kompetisie. Hierdie optrede voel nie net onregverdig nie, maar uiters verdag, aangesien: Die oorspronklike reëls en datums openlik geïgnoreer is Datums sonder enige kennisgewing verander is Geen bewys bestaan van hoe, wanneer of deur watter metode die wenner gekies is nie As verbruiker voel dit of ons bewustelik mislei is om produkte te koop vir ’n kompetisie wat nie volgens die geadverteerde voorwaardes bestuur is nie. Hierdie gedrag is in stryd met die Verbruikersbeskermingswet (CPA), spesifiek: Artikel 29 – Verbied misleidende of valse bemarking Artikel 36 – Vereis dat kompetisies billik, deursigtig en streng volgens die aangekondigde reëls aangebied moet word. Pick n Pay se optrede wek die indruk dat die kompetisie agterna aangepas of lukraak afgehandel is, wat die integriteit van die hele proses ernstig bevraagteken. Ek verwag: ’n Volledige en skriftelike verduideliking waarom die kompetisie nie plaasgevind het soos geadverteer nie. Duidelike bewys van die trekking (datum, metode en enige onafhanklike verifikasie). En hoe die wenner tussen ons 3 gekies is. ’n Verduideliking van hoe Pick n Pay hierdie situasie regverdig teenoor die ander deelnemers Indien hierdie saak nie ernstig opgeneem en behoorlik aangespreek word nie, sal ek dit eskaleer na die Nasionale Verbruikerskommissie (NCC) aangesien dit ’n duidelike skending van verbruikersregte is. Dit is onaanvaarbaar dat ’n groot en gevestigde handelsmerk soos Pick n Pay op hierdie wyse met verbruikers omgaan.</div>

0
Replies (0)