1 reviews | Active since Nov 2021
ONTSELD EN DIEP TELEURGESTELD
Ek is 'n lojale klient van PnP vir 4+ jaar. Ek koop elke dag by PnP. Die 20ste November 2021 het ek 'n pak hoender by hulle gekoop, die volgende oggend toe ek die hoender oop maak om gaar te maak, toe ryk dit so vrot dat ek dit dadelik neer gesit het. Dit is nie die eerste keer nie, ek het al voorheen 2pakke 16piece hoender by PnP gekoop wat vrot was en toe word ek dadelik refund 'n paar maande terug. Toe ek by die werk kom, besef ek ek het die hoender vergeet by die huis ek is dus dadelik PnP toe om vir hulle in te lig van die vrot hoender, 'n vriendelike dametjie het my gehelp. Ek het haar verduidelik van die vrot hoender en het haar gevra of ons dit in die fridge kan hou, Sy se toe ja, dit is dood reg ons moet dit nou net onder in die fridge hou, ek moet glad nie die packaging beskadig nie, want hulle wil die datum van die hoender sien en hulle gaan daardie batch af haal en terug stuur en ek moet die strokie ook saam bring. PnP sal my dan refund vir die hoender en ek kan dit enige tyd terug bring wanneer ek weer moet kom werk. Toe ek die hoender terug neem; toe is dit so 'n groot probleem dat hulle vir my se ek kan nie die hoender terug bring nie, want hulle het 'n "7minute rule" nie verseker van wat hulle dit noem nie maar dit beteken as die hoender 7 minute uit die winkel is kan ek dit nie terug bring nie maak nie saak of die hoender vrot is nie, kan ek dit nie terug bring nie. Dus begin ek vir haar verduidelik dat ek was voorheen hier en het met iemand gepraat en was verseker dat ek die hoender kan terug bring.
Die Kiosk Kasier wou by my weet wie is die persoon wat vir my gese het ek kan die hoender terug bring. Ek kyk toe in die rondte en sien haar glad nie op die vloer nie en kon nie by haar kom nie. Die Kiosk Kasier se toe sy kan glad nie vir my help nie en roep toe die manager. Die manager kom toe nader, en vra wat is die probleem Weereens verduidelik ek my probleem en sy se vir my die datum is klaar ge-expire vir die 21ste November 2021 dus kan hulle my nie help en die hoender terug vat nie. Ek hou toe by dat die een dametjie my gese het ek kan die hoender terug bring en ek gaan refund word. Dus se die manager in die gevolg moet ek die naam en van van die werker. Die manager se toe sy gaan met die manager gaan praat want dit is nie haar besluit nie. Maar die manager sal kan se. Sy het terug met die hoender gekom toe wys sy iets vir die Kasier en toe se hulle ek kan 'n ander pak hoender gaan vat maar ek moet dit nou dadelik doen en hulle kan glad nie my geld terug gee nie, want dit is wat die manager gese het. Ek se vir hulle alby ek kan nie nou dadelik nie want ek staan in my werks ure en moet gaan in scan anders is ek laat vir werk en ek vra of ek dit in my lunch tyd kan kom doen. Hulle het mekaar gekyk met 'n attitude gekyk en vir my met 'n attitude gese "jy kan seker later terug kom". Ek het 08:05 in hul gestap en met die Kiosk Kasier begin praat, ek het 08:30 by hul winkel uit gestap. Dit het 25 minute vir hulle geneem om vrot hoender terug te vat.
Ek is diep teleurgesteld in PnP want elke keer wanneer ek by hulle koop is daar een of ander probleem en meeste keer moet ek my lunch om staan om hul transaksies reg te maak, elke keer het hul werkers een of ander attitude teen oor my en dit is nooit dieselfde werkers wat my help nie. En ek was nog altyd net vriendelik en het nog nooit iets terug gese nie.
Pick n Pay se diens is pateties! Hul werkers weet nie wat beteken kliente diens nie
