1 reviews | Active since Feb 2014
Ek wil nie, ek sal nie, ek hou nie van werk nie, ek gaan nie want ek kan nie want ek, ek is nie mal nie.
<p>Hierdie rig ek aan die bestuur van Tygervallei Pick a Pay, julle staff is lui!!! Hulle het GEEN motivering nie. Ek weet nie wat behels julle opleiding nie, maar indien julle 'n company betaal om julle staf op te lei moet ek vir julle se dat julle besig is om julle geld te mors. Daar is niks so erg vir 'n verbruiker om na julle kiosk wat bekend staan as "Customer Care" (hoe ironies) te gaan, en 'n Noludwe daar te kry, wat uitgeput is deur die lewe! Sy is glad nie lus vir die dag wat voorle nie en niks in die lewe is vir haar erger as om daar te staan en 'n diens te lewer nie. Ons almal aanvaar dit maar, dat dit nou maar die tipe diens is wat ons kry.</p> <p>Ek stap met die die vriendelikste gesig moontlik na die "customer care" kiosk toe om uit te vind hoe koop ek kaartjies vir die Cluver Fees in Elgin op my smart shopper kaart, dit nou nadat ek gegoogle het om stap vir stap te lees hoe dit gedoen word. Baie duidelik het daar gestaan ek moet na my naaste Pick a Pay gaan omdat my kaart nie by my bank geregistreer is om die transaksie te kan doen nie. Nodeloos om te se, het ek nog nie by hierdie verduidelikking uitgekom nie. My vraag was aan haar (Noludwe) how do I buy tickets on my smart shopper card for a festival at the smart shopper machine over there. Haar antwoord in 'n gesig wat se, ek is regtig nie lus om jou te gaan wys nie was: You need to go to a shop that can do that, our shop can't do that. Sonder om 'n scene te maak se ek Ok thank you, draai ek net daar om en gaan na die kantoor (wat ek baie dankbaar is daar nog is) ek stap in die kantoor in en daar sit 'n dame haar naam is Arlene ek verduidelik aan haar wat ek wil doen en haar antwoord aan my was: O gats mevrou ek het so iets nog nooit gedoen nie maar kan ons kyk of ek en u dit saam kan uit figure? Hoe awesome was dit nie, ek en sy staan toe by die masjien en daar figure ons dit toe saam uit, en wil jy nou meer... Pick a Pay Tygervallei is toe een van die winkels waar jy dit kan doen, maar Noludwe weet dit nie, alhoewel ek dink sy het dit geweet maar sy was nie meer lus om dit te weet nie, sy het nie kans gesien om "customer care" werk te doen nie, 5 min later sien ek haar hang oor die sigaret kiosk se toonbank heerlik besig om met haar tjommies te chat, sy het nie eens agter gekom iemand anders het my gehelp nie, sy was te besig om haar dag nou meer te geniet met haat tjommies, dis mos nou eintlik waarvoor sy daar is en waarvoor sy betaal word. Wie is ons as customers nou eintlik, ons is net daar om haar dag om te krap. Dit help nie om te kla oor daai tipe werkers nie, gelukkig is dit nie ek wat daai onproduktiewe persoon se salaris betaal nie! Dankie vader daarvoor. Pick a Pay hou so aan!</p>
Good day Sonja,
Thank you for taking the time to write to us.
Kindly accept our apologies for the poor service received.
We are addressing the issue with our Management team and will revert with feedback.
Kind Regards
Anwar Mooideen
Good day Sonja,
Thank you for taking the time to write to us.
Kindly accept our apologies for the poor service received.
We are addressing the issue with our Management team and will revert with feedback.
Kind Regards
Anwar Mooideen
