SS
Sanet S

1 reviews | Active since Mar 2014

16 Jan 2024, 13:11

Diens????? Watse Diens

Pick n pay, julle verstom my. Eerstens sukkel ek nou al n week om iemand in julle maatskappy te kry wat actually kan lees en verstaan wat hulle lees. En omdat niemand kan lees en verstaan nie, bly ek patetiese antwoorde kry by julle sogenaamde "customer care". Hoekom noem julle n afdeling "customer care" as daar GEEN customer care by julle maatskappy bestaan nie? Het kliente diens by die deur uitgeloop saam met Acketmann?

Dan lewer julle nie n diens nie, dan het julle nog die vermetelheid om my te vra om julle "non customer care" diens te "rate". Julle vermetelheid is regtig verstommend. Weet julle CEO van die diens wat julle lewer? Is hy tevrede met die diens wat julle lewer? Lewer julle die swak diens op aandrang van hom?

Dan is julle verder so vermetel om op julle tv afvertensies die woord "fresh" te gebruik, terwyl julle actually VROT produkte aan mense verkoop.

Sodra julle n pos oop het in julle sogenaamde "customer care" afdeling, ****ak my gerus, ek wil aansoek doen vir my African Grey, want hy het beter begrip as enige iemand in julle "customer care"

Ek sal volgende week julle weer review op hello peter, en die week daarna, sodat mense behoorlik kan sien watse diens julle lewer

0
Replies (0)