Brackenfell Hypermarket - no words.
Nog nooit in my hele lewe was ek so hanteer by n winkel nie. Brackenfell Hypermarket se kliënte diens, wel daar is nie. My ma het vir my n airfryer gekoop vir my verjaarsdag. N Russell Hobs en die prys was R1999. Ek was nie happy met dit nie want dit werk nie soos wat die boekie gesê het nie. Nou vroeg vanoggend is ek aangetrek en op pad Brackenfell Hypermarket toe. Julle weet hoe lank is die q's daar net om in te gaan. Ek kom toe in en stap na die returns toe. Die dame se toe ek moet omstap na die money market. Daar kry ek toe n dame wat ek dink nie happy is vandag nie. Al wat sy my vra waar is die 19 stamps wat ek gekry het toe ek dit gekoop het. Ek se haar ek het dit nie want ek het dit nie gekoop nie. Sy is klip hardegat en wil my glad nie help sonder die stamps nie.
Ek vra haar toe om die bestuurder te kry. Daar kom Neville aan na 10 min se wag. Ek vertel hom alles en hy se ook ek kan dit nie omruil sonder die stamps nie. Ek vra toe om met n ander bestuurder te praat. Raai wat hy is die enigste bestuurder in die hele groot Hypermarket vandag! Hy man alleen moet daai groot winkel bestuur op n einde van die maand in covid. Terwyl ek daar staan bel ek toe die Hypermarket en vra om met n bestuurder te praat, toe ek omdraai is Neville weg. En wie kom toe op die foo ln, Neville.
By die tyd is ek al in trane want hoekom kan ek dit nie omruil nie, dis my reg as kliënt. Neville kom toe terug. Ek se hom volgens die protection act kan ek dit terug gee, hy se toe nee dis nie hoe dit werk nie... Regtig Neville weet jy hoe dit werk? Ek vra hom ook om vir my te wys waar dit staan dat ek stamps moet terug gee as ek iets wil terug gee. Hy kon dit ook nie antwoord nie. Na n hele paar trane en 45 min se smeek en baklei. Se Neville ek kan R150 betaal dan kan ek dit terug gee sonder stamps.
1. Hoe kan n groot winkel soos Hypermarket net 1 bestuurder in die hele winkel he vandag. 2. Waar staan dit van returns moet stamps by he. 3. Die slip wys nie eers dat ek R150 betaal het vir stamps nie. Ek moes dat hy dit daar vir my skryf.
Ek sal nooit weer die Hypermarket ondersteun nie, ek weet my ou paar rand sal niks aan hulle sakke doen nie. Ek is net moeg dat mense dink hulle kan kliënte hanteer soos hulle wil.
P. S as jy iets koop hou maar jou stickers want jy kan dit nie sonder dit gaan terug gee nie.
Thank you for choosing Pick n Pay. Please accept our apologies for the delay in response and any inconveniences caused to you. We view this incident in a very serious light, we are busy addressing this with our management team. We value you as a Pick n Pay customer and are committed to improve continually on our service levels. We appreciate your patience and understanding at this very difficult time. Kind regards,
The Pick n Pay Team
Thank you for choosing Pick n Pay. Please accept our apologies for the delay in response and any inconveniences caused to you. We view this incident in a very serious light, we are busy addressing this with our management team. We value you as a Pick n Pay customer and are committed to improve continually on our service levels. We appreciate your patience and understanding at this very difficult time. Kind regards,
The Pick n Pay Team
