RE
Ryno E

1 reviews | Active since Sept 2013

19 Jun 2016, 04:38

Bedelaars op Pick 'n Pay se voorstoep

Pick 'n Pay

Ek stuur hierdie skrewe na afloop van 'n insedent Vrydag aand omstreeks 18:20 by julle pick n pay express tsk op die N2 net buite Somerset-Wes.

Dit gebeur nou alhoemeer gerteeld dat bedelaars reg by die deur (op pick n pay se eiendom) staan en mens verpes met ondermeer rasse terme.

Vrydag aand was geen uitsondering nie. Ek het dit onder julle bestuurder se aandag gebring en al wat hy kon sê is dat hulle sekuriteit die mense verwyder maar dat die se skof eers 19H00 begin.

Dit is absoluut onaanvaarbaar. Ek sê dit nie net omdat ek kwansuis moeilik mag wees nie maar ek sê dit omdat ek voel dat my en ander se veiligheid in gevaar stel. Vêrder spreek Pick 'n Pay effektief sy goedkeuring tot rasisme uit as hulle toelaat dat mense reg voor hul deur staan en ras terme teenoor hulle kliënte gebruik.

Ek het al van tevore my misnoë met hierdie tak se veiligheid in die aande te kenne gegee maar klaarblyklik is daar niks aan gedoen nie.

Nou verstaan my mooi. Ek is nie 'n pick n pay aandeelhouer nie en julle kan net sowel julle winkel aan die brand steek wat my aanbetref. Wat wel my besigheid is, is die welstand van die inwoners van hiertdie dorp en dit word weerspieël in baie goed en ondermeer die besighede van hierdie dorp.

Om af te sluit. Ek soek nie 'n verskonning nie. Ek soek ook nie 'n koop bewys nie. Wat ek soek is orde en nie die vrees / emosionele aftakeling van bedelaars by 'n winkel se voordeur nie. Ek kan nie sien dat dit so moeilik is om te verstaan nie?

Soos vermeld kan julle seker maar met julle winkel doen wat julle wil, maar die goeie orde van hierdie dorp is net soveel in my belang as die res van ons en daarom gaan ek hierdie saak nie net daar laat nie.

0
Replies (0)