PG
Pieter G

1 reviews | Active since Dec 2020

02 Dec 2020, 21:54

Bad attitude from management

Ek voel baie ongelukkig oor n situasie wat by Rayton-Pick n pay vandag gebeur het...ek is werkloos en verkoop popcorn om n lewe te probeer maak vir my en my familie....ek is soos n sleg hond weggejaag uit die parkeer area van die hele sentrum,direk deur Pick n pay se bestuur vertel dat ek met my popcorn nie welkom daar is nie!!! Ek probeer n eerlike lewe vir my familie maak,maar die outjies wat lyk of hulle deur n riool-plaas getrek is en bedel vir geld word uitgelos....is dit fair??? Is iemand met 12 sakkies popcorn dan so n groot bedreiging vir n winkel soos pick n pay dat so iets moet gebeur??? Wou net aan die bestuur van Rayton pick n pay se,dankie vir julle ondersteuning en bystand aan iemand wat net probeer kos op die tafel sit!!!!

0
Replies (0)