1 reviews | Active since Feb 2017
SWAK EN ONAANVAARBARE DIENS
Bonitas Mediese Fonds verplig my as lid van die fonds om van hulle diensvers******, Pharmacy Direct gebruik te maak. Ek wil dit baie duidelik stel dat Pharmacy Direct onaanvaarbare diens lewer. Dit blyk dat onbevoegdheid die rede hiervoor is.
Ek moes vier dae lank sukkel om my kroniese medikasie te ontvang, want Pharmacy Direct het my belieg oor my kroniese medikasie se afleweringsdatum. Ek het al die 11de Desember 2018 per epos gevra, dat Pharmacy Direct my medikasie teen 6 Januarie 2019 aan my moet besorg. Dit pla hulle glad nie dat ek nie my medikasie kon neem nie. Ek moes vir my medikasie by 'n ander apteek gaan kry,
In 'n telefoniese gesprek met Pharmacy Direct is ek in kennis gestel dat daar 'n uitstaande balans op my rekening is, maar na verskeie eposse kan die korrekte inligting klaarblyklik nie aan my voorsien word nie. Indien daar 'n uitstaande balans is, moet hulle my net van die nodige dokumentasie voorsien en ek sal dit met graagte betaal. My betalingsrekord is 'n duidelike bewys dat Pharmacy Direct elke maand ten volle betaal word. Sover my kennis strek is dit algemene besigheidspraktyk dat die diensvers****** 'n faktuur voorsien, vir dienste of produkte gelewer. Ek het onderneem om enige uitstaande balans te betaal, met dien verstande dat die korrekte dokumentasie aan my voorsien word. Toe ek die state (nie 'n rekonsiliasiever****) aanvra, stuur hulle vir my state gedateer 4 en 12 September waar die uitstaande balans al op 90 dae is. Indien daar 'n uitstaande bedrag is, is dit benede Pharmacy Direct se stand om persoonlike telefoniese ****ak te maak en pasiëte dienooreenkomstig in te lig? Is dit standaard praktyk van Pharmacy Direct as diensvers****** om eenvoudig kroniese medikasie te weerhou, soos die geval met die medikasie wat Pharmacy Direct gister ('n week laat) afgelewer het? In hierdie spesifieke geval my vrou se Altosec, waarsonder sy nie kan gaan nie, veral nadat sy intensiewe chemoterapie ondergaan het? Is dit Pharmacy Direct se beleid om families wat reeds deur ernstige siekte getraumatiseer is, verder te traumatiseer? Dit blyk dat dit Pharmacy Direct se modus operandi is en dit is SKANDELIK om die minste te sê! Ek sal persoonlik hierdie saak ook aan die Health Care Professionals of South Africa oordra en van elke ande platform gebruik maak om hierdie diens van Pharmacy Direct bloot te lê.
Pharmacy Direct bevestig ontvangs van die klagte, 'n bestuurder sal dringend in ****ak wees om u klagte te hanteer.
Groete
Pharmacy Direct span
Pharmacy Direct bevestig ontvangs van die klagte, 'n bestuurder sal dringend in ****ak wees om u klagte te hanteer.
Groete
Pharmacy Direct span
Dankie vir u tyd om op te volg oor hoe die diens ervaring vir meneer deur die jaar was. Indien moontlik versoek ons asseblief om meneer se gradering van ons diens te hersien.
Groete
Pharmacy Direct span
Dankie vir u tyd om op te volg oor hoe die diens ervaring vir meneer deur die jaar was. Indien moontlik versoek ons asseblief om meneer se gradering van ons diens te hersien.
Groete
Pharmacy Direct span
