LK
Leonora K

1 reviews | Active since Feb 2019

19 Feb 2019, 17:30

Swak diens PG Glass Carletonville

Op 19 Februarie 2019. Vervang voorruit van motor. Na twee ure gaan om motor te gaan haal. Motor aan eenkant vol swart spatsels. Die laste onafgerond en los. Duidelik sal dit n lekkasie tot gevolg hê. Swak vakmanskap! Die jong man wat nader geroep word, stel nie veel belang nie. Hy is meer geïnteresseerd in n motorfiets, aanvaar dit behoort aan hom. Hy roep n t****e man nader. Die man kom nader en vee swart merk binne in die voertuig af. Gee geen aandag aan die las wat nie geheg is nie. Gee ook nie aandag aan die spatsels aan die deur of enjinkap nie. Toe ek hom sê om dit ook skoon te maak, antwoord hy terug dat die motor so ingekom het. Die persoon wat die motor ontvang het vroeër, derde persoon, neem beheer vee die kolle af en stel dit dat dit nie daar was nie. Hy gee opdrag om die los naat te seel. Afgesien van die traak -my- nie-agtige optrede van die personeel is die werk swak gedoen. Die indruk wat ek van die personeel gekry het is dat hul die publiek n guns bewys as die van hul dienste gebruik maak.Verskaf die diens waarvoor hul betaal word of sluit die tak. Een van die swakste wat ek in Carletonville ondervind het.

0
Replies (1)
PG Glass
PG Glass's reply20 Feb 2019, 08:52
Official
Thank you for bringing your complaint forward, We do apologies for the service failure.
Can you kindly provide your PG Glass reference number to allow us to investigate the matter further.