DvdM
David van der Merwe

1 reviews | Active since Sept 2016

23 Nov 2018, 14:54

Dont use PG Glass - Wonderboom

Hiermee wil ek jul in kennis stel dat ek absolute patetiese diens by PG Glass Wonderboom ontvang het.

Tydens die aanmelding van my eis vir voorrruit vervanging is slegs n dokument oorhandig wat ek moes voltooi. Niemand het eers na die voertuig gekyk nie.

Ek het slegs n sms ontvang van die dag en tyd vir vervanging – niemand my ges***el om te hoor of dit sou pas nie. Ek moes werk vergaderinge uitskuif aangesien die tyd 13h00 op Vrydag 23 November was.

Na meer as ‘n uur wat ek daar gesit het, het ek begin vra wat aangaan en toe is dit deur die bestuurder aan my uitgewys dat dit die verkeerde voorruit is wat hul ontvang het en daarom le alles nog net so en het hulle nie aan die kar geraak nie. Dit is hoe hulle my en julle ander kliente se tyd mors!!!!!

Ek het Integrisure ges***el en versoek dat hulle nie die tak moet gebruik nie en vir my iemand anders moet kry om maar die diens by my huis/kantoor te kom lewer. Die besigheid wat ek verloor met swak diens kan ek nie weer terugkry nie.

0
Replies (0)