MR
Maria R

1 reviews | Active since Feb 2015

18 Feb 2015, 10:12

Moenie n Peugot Boxer koop nie dink twee keer.

My man het Desember 2014 n Peugot Boxer gekoop by Peugot Isando. Die voertuig het van die eerste maand wat hy die voertuig gekoop het probleme gegee. Die eeerste maand het die diesel senser gegaan en het hulle hom beskuldig hy gooi vuil diesel in die voertuig. Daar na het die voertuig nog 6 keer gebreek. Elke keer dat die voertuig breek staan sy besigheid vir drie dae wanneer hy sy voorraad moet oorpak in n ander voertuig en weer wanneer hy sy voertuig terug kry weer 3 dae. Dit is n verlies van inkomste van R40 000.00. Terwyl hy die ander voertuig gebruik kan sy voorraad nie alles daar in gaan wat nog n verdure verlies veroorsaak. In Desember het die voertuig 3 weke gestaan en voor dit weer drie weke. Hy staan nou weer alreeds vir 3 weke. Hy het die nuwe voertuig gekoop juis omdat hy n grootter bus nodig het en nie wil sukkel. Daardie voertuig is sy brood en botter. Hy het oor die R300 000 verloor in die laaste jaar agv die bus. Hy is op die punt waar hy sy besigheid kan verloor as gevolg van die Peugot Boxer. Hy kan amper nie eers meer se voorraad aanvul nie. Hulle het nie n idee hoeveel ons al die laaste jaar deur gegaan het en verloor het agv Peugot Box. Dink weer

0
Replies (0)