WJ
Willie J

1 reviews | Active since Mar 2022

09 Feb 2021, 14:40

Swak administrasie

Ek is baie ongelukkig met Pathcare. Vericredit het my ge****ak en gesê dat ek 'n rekening het van pathcare wat oorgegee is. Ek het GEEN rekening van Pathcare gekry wat sê ek is uitstaande. Hoe kan julle mense oorgee aan kredietburo as ons nie eers iets ontvang het nie. My naam is nou op die swartlys as gevolg van julle NALATIGHEID. Hierdie is onaanvaarbaar en gaan ek dit verder vat na die media en die ombudsman vir mediese dienste.

Phyllis Visser

0
Replies (1)
Pathcare
Pathcare's reply09 Feb 2021, 16:16
Official
Beste Willie en Mev Visser

Aanvaar asseblief ons onverdiende verskoning vir die verkeerde oorhanding van rekeninge. Klant inligting wat nie meer van toepassing was nie, is vasgele en dit het daartoe gelei dat geen briewe van ons ontvang was nie. 'n versoek vir onmiddelike intrekking en verhaling by die agenskap is gedoen.

 Mev Visser volgens ons telekommunikasie, wat mediese fonds aangaan, ek gaan hersiene eise na hulle stuur in die hoop op betaling van die goedgekeurde voordele vir Mnr Visser. 

Weereens, ons innige verskoning vir die ernstige fout wat gemaak is.

Moet asseblief nie huiwer om my direk te ****ak vir enige hulp nie.

Die Uwe
Sharon van der Berg
PathCare Debtors