EE
Elrike E

1 reviews | Active since Nov 2019

14 Jan 2025, 13:42

Uitstekende Diens!

Manda Zwiegelaar van Ooba Homeloans - Wil net baie dankie se dat jy ons gehelp aansoek doen het vir die huislening.

Van die begin af het jy uitstekende ondersteuning en leiding verskaf. Jy is ongelooflik kundig, geduldig en was altyd beskikbaar om ons vrae te beantwoord, maak nie saak hoe klein vraagie dit was nie.

Dankie dat jy elke stap van die proses duidelik verduidelik het en ons so baie gehelp het.

Die hele aansoekproses was merkwaardig doeltreffend, als te danke aan jou.

0
Replies (1)
ooba Home Loans
ooba Home Loans's reply14 Jan 2025, 14:02
Official
Hallo Elrike, Baie dankie vir jou pragtige terugvoer! Ons is verheug om te hoor van die uitstekende ondersteuning en leiding wat Manda Zwiegelaar tydens die huisleningaansoek-proses verskaf het. Haar kennis, geduld, en toewyding om elke vraag te beantwoord en die proses duidelik uit te lê, is werklik 'n toonbeeld van die diens waarna ons streef.

Ons sal beslis jou vriendelike woorde met Manda deel – sy sal so bly wees om te weet sy het 'n positiewe impak gemaak. Baie geluk met hierdie opwindende nuwe stap, en baie dankie dat jy ooba Homeloans gekies het.