JP
Josef P

1 reviews | Active since Aug 2015

25 Aug 2015, 21:57

Problem Nissan Qashqai

Ek het my Qashqai 1.5 dci vir sy 60 000 km diens geneem. Na n week na die diens het die Turbo begin raas. Ek het my motor vir Nissan De Aar geneem waar dit n volle drie weke en drie dae geneem het om my motor te herstel. My beroep is ek n finansielie adviseer en moet dus baie ry ek het n motor by De Aar Nissan gehuur . Presies 4 dae nadat ek my motor gekry het wou die motor nie in 5 de en 6 de in gaan nie. Die motor is teruggeneem en was n n klien boutjie wat die ongerief veroorsaak het. die boutjie moes nie daar wees nie. Na vyfdae loop daar water onder my motor uit met nadere ondersoek is daar gevind dat n onderdeel wat nie terug geplaas is op die motor nie die oorsaak was dat die verkoeler n gat in het. die motor is herstel en was ek sonder vervoer vir nog n week. Ek was nou n volle maand sonder my voertuig en natuurlik met finansiele verlies wat ek moet dra. En die 17/08/2015 raas die nuwe Turbo weer en daar sit ek weer sonder my voertuig. Dit is nou weer twee weke sonder my voertuig en was ek vandag meegedeel dat die onderdeel op back order is en ons gaan moontlik drie weke daarvoor wag. Help my asb ek soek net n leen voertuig om te my werk te doen.

0
Replies (1)
Nissan South Africa
Nissan South Africa's reply26 Aug 2015, 12:09
Official
Hello Pelster,

Nissan SA wil u bedank vir u kommentaar en ons neem kennis van die inhoud. Wees verseker dat ons alles in ons vermo? sal doen om die bestelde onderdele so spoedig moontlik aan De Aar Motors te lewer.

Ons neem kennis van u versoek vir 'n welwillendheids voertuig en sal met die Handelaarshoof van de Aar Motors, Hentie van der Merwe u versoek bespreek.

Ons Kli?ntediens afdeling sal u aangeleentheid daagliks monitor en u op hoogte hou.

Vriendelike groete

Sharnie MALAN
Senior Customer Focus Manager