FF
Farren F

1 reviews | Active since Sept 2021

24 Feb 2025, 13:43

EK IS NOU MOEG!!!

EK IS NOU MOEG!

Op 25 Januarie 2025 verloor ons kar krag so 50km voor Vanrhynsdorp terwyl ek oppad was na n Kerkraadsvergadering. Rook het uit gekom en vir die wat op my tiktok is het gesien hoe emosioneel ek was. Ek het onmiddelik afgetrek en my versekering ge****ak. Ons kar is kom haal en na Brand Nissan op Vredendal geneem. Dit is ook waar ons die kar gekoop het. Dit is vandag 24 Februarie, die kar staan steeds by hulle want dit is besig om deur toetse te gaan om te kyk wat fout is. Ek het nie 'n probleem daarmee nie.

My probleem is met die feit dat ek nou al weke sukkel om 'n courtesy voertuig uit Nissan kry - dit waarvoor ons waarborg voorsiening voor maak. As jou voertuig 'n sekere tyd staan kan jy aansoek doen vir 'n courtesy voertuig. Tussen Nissan Customer service en Brand Nissan in Vredendal is dit nou 'n oor en weer.

Vandag, na ek 'n opvolg boodskap gestuur het hoor ek dat hulle niks antwoorde kan gee voor hulle nie uitvind wat fout is met die kar. Nou vra ek julle, wat is die use dan?? As julle uitvind wat fout is dan kan die kar onmiddelik reg gemaak word en ek het dan nie 'n courtesy kar nodig nie.

Ek het soveel vergaderings en byeenkomste en nou moet ek heeltyd mense in ongerief sit om my te neem en om my te kom haal. Gister moes ek een van my Ouderlinge vra om my in die Kaap te kom haal (en natuurlik doen almal dit met die grootste liefde). Ek is in geweldige ongerief en dit voel Nissan en Brand Nissan Vredendal smeer hulle gatte in my af. As ek nog eenkeer moet hoor "Jammer vir die ongerief" gaan ek seker myself verloor.

My werk is op die pad. Ek moet oor en weer tussen gemeentes en my eie gemeente. Ons betaal duisende rande 'n maand aan 'n kar met sy waarborg en versekering maar hier sit ons. Sonder 'n voertuig. Ek het so baie vergaderings die week in Clanwilliam en Vanrhynsdorp en dan weer volgende week in die Kaap en ek stress my nou al dood hoe ek daar gaan kom.

Ek is net moeg. Ek hoop hierdie boodskap kom by die mense in hoofkantore by Nissan want ek is nou net moeg van sukkel.

X

0
Replies (1)
Nissan South Africa
Nissan South Africa's reply25 Feb 2025, 07:59
Official
Dear Farren, thank you for taking the time to make us aware of your concern. Please accept our apology for the inconvenience caused as a result thereof. Rest assured that a case manager will contact you shortly to assist. Kind regards Nissan S.A