1 reviews | Active since Aug 2017
Geen intekening hoewel lankal reeds betaal
Nadat ek twee weke gelede 'n faktuur ontvang het vir 3 maande se intekening en ek die bedrag bevraagteken het omdat dit meer as R50 te veel was as die R99 x3 wat dit veronderstel is om te wees, het ek op 8 November die korrekte bedrag vir 3 maande via EFT inbetaal met die korrekte verwysingsnommer en alles. Ek het bankbetaalbewyse aan die relevante e-posadresse gestuur, sowel as 'n aparte e-pos aan ***. So wragtig, 11 dae later is my rekening opgeskort want my "betaling is nie ontvang nie". Dis nie die eerste keer dat dit my bykans drie weke neem om iemand by NW24 sover te kry om my subrskripsie raak te sien nie. Hulle hou aan om dae nadat ek reeds betaal het, my rekening op te skort. Ek is nou erg keelvol vir hierdie ellendige storie en eis dat dit vandag nog reggestel word.
