KL
Karin L

1 reviews | Active since Aug 2020

31 Aug 2020, 15:13

Netflorist Onaanvaarbare diens

Ek het op 27/08/2020 blomme bestel wat Vrydag 29/08/2020 afgelewer moet word in Centurion, Vrydag is daar 3 x keer bevestig dat die blomme afgelewer sou word. Vrydag is dit egter nie afgelewer nie. Met my navraag Saterdag is daar bevestig dat die drywer se selfoon nie gewerk het nie en kon blomme nie afgelewer word nie. Na 2 x se opvolg saterdag is daar bevestig dat die blomme wel saterdag afgelewer sou wprd -maar nee weer is die blomme nie afgelewer nie. Sondag was niemand beskikbaar nie en kon ek nie die aflewering opvolg nie. Maandag oggend volg ek weer op en word n belowe dat die aflewering wel vandag gedoen sal word. Om 14h54 word daar vir my bevestig dat die blomme se aflewerings dokument nog nie geallokeer is na aflewerings dienste nie, maar sal wel voor 19h00 afgelewer word. ek bel weer en versoek om met n superviser te praat want hierdie is onaanvaarbaar en word deurgesit maar hou vir 15 min aan wat daar nie op my navraag gereageer word nie. Hierdie diens is onaanvaarbaar en ek sal niemand aanbeveel om die bloemiste se diens te gebruik maak nie.

0
Replies (0)