1 reviews | Active since Apr 2017

12 Nov 2017, 18:27

Swak diens van Dr Vincent Van Molendorff

Hiermee wil ek my uiterse skok uitspreek oor die behandeling wat my ma ontvang het op saterdag 11Nov 2017 deur Dr Van Molendorff. Sy is van donderdag in N17 springs hospitaal op geneem. Daar is vir haar gese sy moet ñ Ginekloog sien. Vrydag middag is daar vir haar gese sy kan Dr Venter eers maandag sien. Sy het gevra as daar nie iemand anders is wat haar voor die tyd kan help nie. Hul het vir haar gese Dr Luthando Gqiba sal haar saterdag by haar saal kom sien waar sy gele het. Hy het ñ prosedure voorgestel heel temal anders as wat Dr Van Molendorff voorgestel het. Dr Van Molendorff het ongeveer 9:00 by die saal om gekom saterdag.Was vreeslik ontsteld oor my ma Dr Gqiba gesien het. Hy het hom probeer bel en nie sy foon geantwoord nie. Toe het hy op my ma begin skree. Toe sy hom vra as sy nie net die uitslae maandag na Dr Venter toe kan vat nie omdat sy gesien het hy is baie kwaad oor sy Dr Gqiba gesien het. Het hy erger begin skree en gese hy teken my ma nou af en my ma moet hom nie weer kom sien nie. Sy spring van een dokter na ander dokter. Dit wil vir my voorkom as hy ñ vete het met Dr Gqiba het. Ons gesin het besluit om haar na ander dokter te neem. Wat haar goeie reg is om iemand anders te sien. Mens begin rond te spring waneer jy nie gehelp word nie. En nie net raas hul vreeslik in die hospitaal dag en nag kon sy geen rus in gekry het nie. Dis onaanvaarbaar dat hy so op haar begin skree het. Hy word deur haar mediese fonds betaal en nie deur die staats hospitaal nie. Hy is ook uiters ongeskik en luidrugtig en kan beslis sagter met pasiente praat in die sale. Toe Gwen Naidoo verby die saal geloop het,het sy ook gehoor hoe hard hy op my ma skree. Ek gaan die mediese fonds ook inlig oor die swak diens wat sy daar gekry het.

0
Replies (1)
Netcare
Netcare's reply24 Nov 2017, 13:13
Official

Thank you for bringing your concerns to our attention - we will log your concerns on our Customer Service Help Desk and bring your concerns to the attention of the Hospital Management Team, who will investigate and respond to you.
When we log your query you will receive an automated SMS with a reference number - should you not receive this message or if you have any queries at all please feel free to call our Customer Services Contact Centre on ***3 - 0860 Netcare.