tt
tanya.labuschagne tanya.labuschagne

1 reviews | Active since Dec 2016

06 Feb 2019, 12:39

ONPROFESSIONELE DIENS BY ONGEVALLE PRETROIA OOS HOSPITAAL

Ek het Maandag aand, 4 Feb 2019 die ongevalle besoek by PTA Oos hospitaal om 'n dokter te sien. Met my aankoms was die wag area redelik vol en ek kon sien dat dit besig is. Maar, gegewe hoe ek gevoel het - het ek besluit om te wag. Ek het gaan registreer by die ontvangs waar ek deur 'n klein ******* gevra is vir my ID. Hy het die details ingesleutel en my laat weet dat daar 'n bedrag van R530 min of meer uitstaande is. Ek het hom gevra wie die pasiënt was - hy het gekyk en gese hy weet nie. Ek het toe gevra wat die diensdatum was - hy het gekyk en gese hy weet nie. Ek het gevra waarvoor die besoek was - hy het gekyk en gese hy weet nie. Toe ek my vererg en sê dan moet hy maar vir my die rekening druk dat ek dit kan ondersoek en betaal, word daar vir my gesê "jammer jy is geblacklist by ons en ons kan jou dus nie vannaand help nie"!! Ek moes omdraai voor die vol wag area, soos 'n krimineel, en uitstap sonder enige hulp. Is dit die diens wat julle lewer aan die gemeenskap??? Vir my is dit totaal en AL onaanvaarbaar. Ek wil ook weet hoe en met wie daar ****ak gemaak is aangaande die uitstaande bedrag asook vir wie en waarvoor dit was. Ek is bewus van geen uitstaande bedrag nie. Die behandeling wat ek ontvang het is afgrysli****! Ek kon eintlik nie my ore glo nie. As ek sterker gevoel het as wat ek was - sou ek sommer sy ore warm geklap het. Julle diens stin****! Sou my skaam as ek julle was!!!

0
Replies (0)