EK
Elisna K

1 reviews | Active since Feb 2022

28 Mar 2023, 22:49

Ongelooflike ervaring en geneeskunde inwerking beleef

Daar word dikwels na Pretoria-Oos hospitaal op 'n kommerwekkende wyse verwys. Oor die jare het ek vele plasings gelees van pasiente wat teleurstellende behandeling en diens ontvang het. Ek weet nie of daar 'n verandering in bestuur of sekere opskerpings gemaak is nie, maar my belewenis van die instansie is die teenoorgestelde.

Op 29 Januarie, 07:00 die oggend, is my bejaarde Ma gelukkig by ons in Garsfontein toe haar dikderm geperforeer word. Ons het eers vermoed dis krampe van 'n maag aandoening of 'n steen wat sy dalk besig is om uit te skei. Teen 09:00 kon sy nie meer loop nie en het ons gesien haar kleur verander. Sy is per ambulans na Pretoria-Oos geneem waar sy in die noodgevalle gele het met septiese skok. Die personeel wat aan diens was in die noodgevalle afdeling het ongelooflike werk verrig wat uiteindelik sou bydra dat my Mamma op 77 oorleef het. Sys geopereer en toe na saal tien in intensiewe sorg. Die verpleegpersoneel het hier hul werk uiters ernstig opgeneem en my Ma soos hul saal heet, intensief versorg. Hul het gereeld soos dit van hul verwag word met die internis en sjirurg ****ak gemaak en terugvoer gegee. Hul het inisiatief geneem en aanpassings gevra as hul dit nodig gedink het. My Ma is rustig en pynloos gehou. Toe die Here haar niere en lewer aanraak dat dit weer begin funksioneer, het die personeel saam die fisiote****ute moeite gedoen om my Ma se gesondheid instand te hou en ook is dieetkundiges genader.

Helaas is ons wonder-bo-wonder na saal vier geskuif. Hier het die verpleegpersoneel hulself verbind aan my Ma se sorg dat hul tot so 'n mate saam ons gehuil het toe sy tot by die saal se deur kon stap. Wanneer sy af gevoel het, het hul by haar kom sit. Hul het haar gerus gestel dat die verloop van sake normaal is en dat sy kan moed hou in die wete dat niks tans abnormaal of kommerwekkend vir hul is nie. Hul het moeite gedoen om smiddae aan ons kinders (wanneer hul ons by die kamer teekom), ver**** te lewer van die dag se gebeure. Ons is ook dan inligting verskaf oor hoe ons kan bydra tot die proses. "Your mother did not consume enough fluids today and she barely ate over lunch. Will you please try to convince her to eat her dinner?" Dit het gehelp dat ons minder hulpeloos voel.

Ek onthou een betrokke dag wat die hoof suster vir my geskree het om na haar te kom. Ek het eers gedink sy raas met my. Toe ek by haar kom vra sy my, "Ask me how it went today?" Ek vra toe hoe dit gegaan het en die trane loop by haar wange af. "Your mother walked the hallway today! Can you believe it?" Ek en sy het saam op-en-af gespring van blydskap. Selfs die restaurant personeel gee vir mens om met hul hele harte. Hul leer mens ken en doen moeite om uit te vra oor die pasient. Hul bemoedig wanneer nodig en glimlag wanneer mens positiewe terugvoer het. Die personeel in die restaurant het saam my gehuil toe ek my Mamma die eerste keer in 'n rolstoel kon uitstoot om 'n ietsie te gaan geniet.

Pretoria-Oos Hospitaal, baie baie dankie! Die verskil wat jul gemaak het is enorm. Ons sal dit nooit ooit vergeet nie. Gee die hospitaal weer 'n kans. Hul is puik!

0
Replies (0)