PB
Petronella B

1 reviews | Active since Dec 2012

20 Nov 2021, 15:56

NETCARE MOOTHOSPITAAL RIETFONTEIN, PRETORIA

Tydens my opname in die hospitaal wil ek graag kla por die volgende: 1. Ek was eerste deur gevat na kamer vir Covid screen voor ek opgeneem kan word. 2. Omdat ek swak was is ek met n rolstoel in gestoot. Ek moes sit en wag in die rolstoel vir n suster om die Covid toets te kom doen. Ook wil ek noem ek n diabeet is. 3. 12Uur is middagete bedien aan die pasiënte (ek is 11uur opgeneem). 4. Ek het suster Collins (van die Bestuur) ge****ak, eerstens gebel, onsuksesvol en toe n whatsapp gestuur. Dit het tyd geneem vir haar te antwoord aangesien sy in n vergadering was. 5. Ek het seker gemaak ek raak gesien moet word en in die deur met die rolstoel gesit. N verpleegster het verby gestap wat ek geroep het en gevra het of ek vergeet is??? Sy het terug gekom dat suster saam dr besig is met rondtes. Halfuur later het n suster en n verpleegster opgedaag om die toets te doen. Verbaas het ek gevra of ek vergete is. Daarna is ek oorgeplaas na die General Ward. 6. Dit is baie onaangenaam om die verpleegsters te hoor van voor by nursing station af tot by saal 6 luidkeels gesels en lag en nie pasiënte in ag te neem nie. Terwyl 2 privaat kamers by die nursing station is en oumense pasiënte in saal 3. Dit gebeur meesal oor naweke en met oorgee (dag en nag staf). Ek is jare n pasiënt van n spesialis by die Moothospitaal en verkies net om in die Moothospitaal opgeneem te word. My eerlike opinie, die Moothospitaal het baie baie agteruit gegaan. Ek het altyd die hospitaal aanbeveel en hom verkies om in opgeneem te word, wat my 2x laat dink. Enigste keuse hoekom ek verkies word vir opname in die hospitaal is omrede die spesialis wat my behandel by die Moothospitaal is.

ANONYMOUS

0
Replies (0)