IO
Ivan O

1 reviews | Active since Mar 2009

23 May 2019, 14:41

Netcare Administrasie - Bekwaamheid of etiek wat skort

Christiaan Barnard Hospitaal - ek sal wraggies nooit self weer daar, of as 'n pasieënt by Netcare wil wees nie. Ek het op Sondagaand 12 Mei toe 'n kollega van 'n groot oorsese konsultasiemaatskappy sy voet gebreek het, op my kredietkaart 'n aanvanklike betaling gemaak van R50,000. Die reisversekeringmense het die volgende dag die rekening se betaling oorgeneem en al die nodige vorms is voltooi en betaling gereel. Ek wag nou nog om te hoor of my terugbetaling gedoen is na vele oproepe. As die staf nie halfdag werk nie is hulle met middagete, en die een het heeltemal 'n ander storie as die ander een. Ek weet nie of dit bekwaamheid of etiek is wat skort nie, of beide dalk nie, maar hulle sit lekker en broei op my R50,000.

0
Replies (0)