MK
Madri K

1 reviews | Active since Mar 2013

30 Jul 2020, 20:10

Nalatig swak diens - Netcare Margate Hospitaal

Ek is geskok met die behandeling wat ons gekry het by Netcare Margate Hospitaal...ek gaan dit in Punt Form doen om makliker te verduidelik:

Maandag 22 Junie 2020: * +- 9:40 Arriveer ek met my pa by die nood area, 'n ouer verpleegster nader my en vra wat fout is. Ek sê vir haar ek vermoed my pa het beroerte gehad. Sy vra toe vir my om voorentoe te ry. Hulle het my help hom uit haal en na die nood container te vat. In die "Kamer" gekom, was daar nie krag nie en kon hulle die "life saving euipement" nie aan kry om eers sy bloederuk te vat nie. Na 'n gesukkel kon hulle van dit aan kry... die bloedruk masjien het egter bly probleme gee. Nadat ek moes help in die DB boks. * 'n rukkie later het die dokter hom kon ondersoek en hom gestuur vir 'n CT. Terwyl hy gegaan het moes ek 'n lêr gaan oop maak vir hom. Die twee verpleegsters het woorde gehad omdat hulle nie kon besluit of ek die lêr moet oop maak by Ontvangs of hulle dit gaan doen nie, na 'n ongemaklike oomblik is ek baie geduldig na ontvangs om die lêr oop te maak. * Ek het die baie oulike COVID reels gevolg by die deur en is toe in na ontvangs... waar dit maklik 'n uur gevat het net om die lêr oop te maak want die sisteem werk nie. * +-12:20 sê die dokter vir my dat hulle my pa na ICU stuur en dat hulle nie nuwe beroertes kan sien op die CT nie, maar die CT kan goed mis en dat hy moet gaan vir 'n MRI. * Iemand kom doen 'n COVID toets. Baie onprofesioneel, op ons afgestorm en net vir ons in 'n "ongeskoolde" Engels gesê "you must get tested, and I will stick this up you nose so hold still".. ek moes rustig aan my pa verduidelik wat sy gaan doen en hoekom sy dit doen en hom sê dat dit moontlik gaan seer wees. * +- 13.34 wag ons steeds vir 'n bed by ICU want hulle het 'n noodgeval. * +- 14:30 moes ek vra dat hulle tenminste net vir my pa iets gee om te eet, want hy is 'n diabeet, en kry hy 'n stukkie brood en sap * +- 15:20 word hy eers ingevat na ICU (presies 3 ure later... amazing vir iemand wat 'n noodgeval het)

- My probleem rakend die dag is dat nadat die dokter gesê het hy gaan na ICU nog niemand weer sy "Vitals" kom vat het nie... ek moes vra dat hulle weer sy bloedruk vat, ek moes vra dat hulle vir hom iets gee om te eet, ek moes vra vir 'n bottle dat hy kon pie-pie, ek moes vra wanneer gaan hy nou ICU toe... Dit alles terwyl die dokter nie weer die moeite gedoen het om op ons te kom kyk nie...hy was te besig met twee dames kort kort agter die gebou om te "rook of wat ookal"... en nie dat hulle so besig was nie,want daar was 3 of 4 ander pasiente die hele dag... ek het die heeltyd by my pa op die VLOER gesit sodat hy darem weet dat iemand by hom is.

Ek het terug gery huis toe, my pa se kroniese medikasie gepak en skoon klere en gaan aflaai, met die hoop dat hy dit sou kry. Ek het ICU gebel en die Sister het net gesê hulle vat nie tasse nie... nou hoe anders moet ek die kroniese medikasie by jou uit kry??? Om 19h00 bel dokter my om te vra hoekom my pa in ICU is....vaderland, was daar dan nie 'n handover nie, en hoekom sien iemand hom eers 19:00 as hy al 15:20 in gegaan het na ICU...is hy dan nie 'n hoe risiko pasient nie? Nadat ek aan dr verduidelik het dat my pa al 2 hartaanvalle ne 6 beroertes gehad het en en en...het hy genoem dat hy dalk ook vermoed dat hy weer 'n beroerte gehad het.

- Dinsdag 23 Junie 2020: * 08:00 het ek ICU gebel en is gesê hy het goed geslaap en sal laat weet as hulle met toetse begin * 17:00 het ek ICU gebel en gesê hulle skuif hom na die PUI saal want daar niks wat hulle eintlik vir hom kan doen nie??? ek verstaan dit nie lekker nie...Skuif hom uit wat daar is niks wat hulle vir hom kan doen nie? Baie swak kommunikasie...staff praat skaars behoorlik engels en dit nogal in ICU. - Volgens my pa het hulle hom net na 19:00 uit ICU geskuif na 'n verlate kamertjie waar die ICU staff hom gelos het. Daarna het hy niemand weer gesien tot die volgende middag nie ?...hy het uit die bed geklim (iemand wat 'n beroerte gehad het en skaars kan loop) en af gesukkel in die gang om iemand te roep...hy vermoed hulle het van hom vergeet.? Dit laat 'n baie swak smaak in my mond!!!!!

- Woensdag 24 Junie 2020: * Toe ek Woensdag oggend die PUI saal om 08:30 bel, kon niemand vir my inligting gee oor my pa nie (dit bevestig wel my pa se storie dat niemand hom gesien het nie, want niemand kon my help of het eers geweet van hom nie) Ek is woedend hieroor, dit is nalatig en uiters gevaarlik om die minste te sê. * Toe ek die aand weer bel is ek gesê dat hy geskuif is na 'n ander saal.

- Donderdag 25 Jun 2020 Toe ek die oggend bel was daar 'n sister wat die foon vir my pa kon vat en kon ek vir die eerste keer hoor wat of hy okay is en wat aan gaan. +- 12h20 is ek gebel om te sê dat my pa onstlaan is en het ek hom gaan haal.

So hier is waar ons probleem nou verder ontstaan: - my pa is vanaf Maandag gelos om in sy eie urine te lê, met 'n sop nat pie-pie hemp en broek. Hy het so gestink dat ons alles waaraan hy gevat en op gesit het moes skrop of weg gooi. - sy nat urine hemp en broek waarmee hy hospitaal toe is, is net so nat tussen al sy pille en klere in sy tas gegooi. - die helfde van sy pille en ons netjiese pille houer het nie saam terug gekom huis toe nie... iemand het dit seker maar gesteel? - sy tande borsel, handdoek, waslap en seep is net so netjies nog in sy bad sak... in al die tyd het niemand eers die moeite gedoen om hom te help sy tande borsel nie. Dis swa****! Julle behoort skaam te kry. - As gevolg van swak mond hygiene in die hospitaal het sy vals tande gevrot in sy mond en sukkel ek nou met mond sproei en keel seer, wat ek moet reg "dokter' weens julle nalatigheid. - Hoekom nood toerusting nie werk in "ongevalle area" nie, en daar nie krag was nie? - Hoekom staff / dokter rook in COVID Tyd??? Onwettig??? - ek kry rekening op rekening van fisio en ander dienste wat gedoen is... al sommer op die 22ste??? hy is eers 19:00 deur die dokter gesien, wanneer was daar 'n fisio by hom? My pa sê in die hele tyd was daar een keer iemand by hom wat hom laat op staan het en tot by die gang loop en terug.... ek is baie jammer, maar dit is nie fisio nie!?! - verder moes ek die hospitaal mail en laat weet dat die medies steeds vir inligting wag vanaf die hospitaal, ek het gister eers die Aut gerky vir sy besoek, en die medies wag STEEDS vir inligting. Julle is 'n grap en 'n staat hospitaal bied beter diens. - En die medies het 'n approval gedoen op 'n 'Prosthesis Vascular".... nou ek is nie 'n mediese kundige nie, maar is dit nie 'n operasie waarby hy 'n inplanting soos 'n stent of iets moet ontvang nie....? hy was nie eers naby 'n teater nie!!! - tot vandag weet ek nog steeds nie eintlik wat die "out come" was nie, geen dokter of sister het enige verdere terugvoer gegee of wat regtig fout is en wat die behandeling voorentoe is nie. - ek was tot by dr se spreekkamer en het gevra vir terugvoer....maar niks!!!

Ek verwag 'n lys van die volgende: - ek wil weet watter fisio en wanneer dit fisio by hom was, watter fisio gedoen is en vir hoe lank dit gedoen was. - ek soek 'n afskrif van sy mediese lêr wat presies wys wanneer hulle vitals gedoen het op hom en hoe gereeld - veral tussen 17h00 op die 23ste tot 17h00 op die 24ste. - ek wil weet hoekom niemand enige moeite gedoen het om hom te was, of te help toilet toe gaan, of skoon aan te trek nie. - ek wil weet hoekom daar nerens met my ****ak gemaak is , tot vandag toe nie, om te laat weet watse behandeling ontvang word en wat die plan voorentoe is nie. - ek wil weet watter toetse gedoen is en wat julle gedoen het om hom te probeer help - ek wil weet hoekom is daar approval gedoen vir 'prosthesis vascular"??? - ek wil weet hoekom nood toerusting nie werk en daar nie krag was op ons aankoms nie? - ek wil weet hoekom dokters en staff in die COVID tyd rook? - ek wil weet waar is die res van sy kroniese medikasie en ons pille houer?

0
Replies (0)