1 reviews | Active since Dec 2016
Montana Private hostipal

Vandag skryf ek werklik die brief met ‘n bittersmaak in my mond.

Ons maak al die afgelope 10 jaar gebruik van Montana se noodeenheid indien nodig, oor die blote feit ons nog altyd goeie diens daar gekry het en as gevolg van Dr van Biljon wat volgens my n briljante dr is.

Ja daar is altyd ‘n mate van wag, maar regtig gisteraand was net verregaande. Ons het reeds om 20:15 aangekom, waar jou ontvangs personeel net blatant ongeskik was terwyl sy haar blou crunchie bar baie onsmaakvol voor die pasiente eet. Haar eerste prioriteit was beslis haar eetlus en nie my kind wat daar le en krul nie van die pyn. Maak totaal sin vir my, aangesien dit n trauma eenheid is en ek glo dit baie higienes is om so tussen die bloed en spatsels en hare jou rice crispy bar af te wurg.

Na herhaaldelike kere se navra oor wanneer my kind gehelp gaan word het ‘n swart verpleer uiteindelik sy opservasies gedoen en ‘n oranje stieker geplak. Volgens julle bord is dit redelik dringend.

Hierdie het darem alles voor 10 uur gebeur.

My kind het op my skoot gele as gevolg van die pyn en jou sprankelende ontvangsdames het hom gevra om asb regop te sit aangesien daar nie genoeg sitplek vir julle ander pasiente was nie.

Regtig dink julle nie hulle moes hom dalk in ‘n “cubical” geneem het aangesien hy pyn het nie. Jy weet gewoonlik help dit my om te le as ek pyn het.Maar dis nou net ek.

Om 01:15 is ons deur uiteindelik na ‘n dr waar ons maar net weer gewag het tot en met 01:55.

Jou verpleegster agter het dalk ‘n **** met die kids maar haar mense verhouding is net so **** soos julle fasiliteite huiglik. Toe ek haar vra wat is die punt om na ‘n noodeenheid te kom as ek buitendien net nog 5 ure plus moet wag toe is haar antwoord:” Mev. deal daar mee” ek deal nou daarmee, dankie vir daardie advies sister dit was werklik n openbaring vir my.

Sy het wel sy urine getoets, maar glad nie weer sy bloeddruk of koors is geneem nie, ek weet nou nie, maar moet mens nie na tenminste 3 ure weer die pasiente se bloeddruk en koors neem nie. Of verander jou "stats " nooit nie.

Jou sister aan diens by my kind het begin kliniese notas maak en toe kom n ander verpleer agter dat sy die verkeerde leer het. Aangesien beide se name met n L begin maar die vanne glad nie dieselde is nie.

Rerig haar reaksie was **** dis darem nog vroeg en nog niks is gedoen nie. Jammer ek vra maar is julle nie veronderstel om meer paraat te wees nie aangesien julle ‘n trauma eenheid is nie. Ek vrees eintlik om te dink wat kon gebeur het as die ander verpleer nie gelees het nie.

Die dr was daar en kan ongelukkig niks aan die situasie doen nie aangesien Netcare se beleid is om nie pasiente weg te wys nie., ongeag hoe lank hulle wag. Maar vanoggend is julle trauma eenheid glo glad nie deel van die Netcare groep. Nou weet ek nie jok die hspt bestuurder se seketaresse of is daar dalk n wanbegrip geskep by my.

Ok kan julle dan meer dr's kry om daai probleem op te los. Want my gevoel was hy stel nie regtig belang in my kind se welstand nie. Want hy is oorwerk.

Jou verpleegster wAs aangesê om bloed te trek, met die lig ek haar toe in en sê jammer man ek het ‘n fobie vir naalde en wil graag he wie ook al my kind se bloed trek moet asb net een maal die naald insit sonder om hom seer te maak en haar antwoord was ” Mev ek het 21 jaar se ondervinding” my gedagte was ja en 42 jaar se *** houding. Gelukkig vir haar kon sy dadelik ‘n aar kry. Well done juf persoonlikheid.

Bloed is getrek en na die uitslae is hy vir ‘n CT scan gestuur om te bevestig of dit nie sy blinderderm is of nie, waarom na die een van die duurder opsie kies , het julle nie ‘n sonar nie, of werk julle sonar nie. Of het julle nie die nodige personeel daarvoor nie.

Vanoggend om 04:30 is hy gedignoseer met Gastro Entritis. Huis toe gestuur met ‘n voorskrif en nogsteeds pyn. My persoonlike opinie is jou dr kon hom opneem en vir ‘n dag of 2 daar hou om seker te maak dis nie sy blindederm nie. Ek stem glad nie saam met die diagnose nie aangesien hy geen diaree het nie, maar pyn aan sy regter kant se sy en sy been pyn die oomblik as jy hom oplig. Maar dalk maak gastro so dis n nuwe era. Dinge verander daagliks.

Ons is eers om 05:00 daar uit en weereens het jou pragtige ontvangsdames geklae toe ek my voertuig tot voor die deur trek. NIe een van jou personeel lede het eers aangebied om ‘n rolstoel te gee sodat ek hom kar toe kon help nie, ek moes self my 39KG seun dra wat nie ‘n probleem is maar het julle nie rolstoele nie, en as julle een het waarvoor gebruik julle dit nie.

Ek kan jou wel eending belowe ek sal nie weer van jou fasiliteite gebruik maak nie en ook vir Dr van Biljon inlig waaroor ons hom nie weer sal gebruik nie, ek weet my konsultasies sal nou nie ‘n reuse verskil aan sy lewe maak nie maar tog kos julle op die einde van die dag dat hy pasiente verloor.

In ‘n neute dop julle diens is van voor tot agter pateties.

Na my klagte by julle ingedien is, bel julle s***el beampte my, om my net mooi in kennis te stel. Dat die hoof van julle afdeeling besig is en eers binne 7 dae hieraan aandag sal gee.

My skryf styl dra ook glo nie haar goedkeuring nie, jammer maar mens kan nou nie regtig swak onprofessionele gedrag mooi sugar coat nie.

Julle s***elbeampte mis ook my punt, yes julle het my baie geld gekos, maar op my kind de welstand kan ek nie n prys plaas nie. Maar die manier hoe julle ons hanteer het is onaanvaarbaar.

Thank you for bringing your concerns to our attention - we will log your concerns on our Customer Service Help Desk and bring your concerns to the attention of the Hospital Management Team, who will investigate and respond to you.
When we log your query you will receive an automated SMS with a reference number - should you not receive this message or if you have any queries at all please feel free to call our Customer Services Contact Centre on ***3 - 0860 Netcare
Thank you for bringing your concerns to our attention - we will log your concerns on our Customer Service Help Desk and bring your concerns to the attention of the Hospital Management Team, who will investigate and respond to you.
When we log your query you will receive an automated SMS with a reference number - should you not receive this message or if you have any queries at all please feel free to call our Customer Services Contact Centre on ***3 - 0860 Netcare
Sjoe daai sms vat darem maar lank, julle s***el beampte sou my binne 7 dae terug voering gegee het. Sy sukkel seker om my te s***el of al julle lyne werk seker nie, want tot op hede het niemand my nog ges***el nie, julle eis is vinning deur maar nog niks verder nie. Dr Gouws sou my s***el my sy het nie, dr Rademeyer ook my hy het ook nie. PATETIES
Sjoe daai sms vat darem maar lank, julle s***el beampte sou my binne 7 dae terug voering gegee het. Sy sukkel seker om my te s***el of al julle lyne werk seker nie, want tot op hede het niemand my nog ges***el nie, julle eis is vinning deur maar nog niks verder nie. Dr Gouws sou my s***el my sy het nie, dr Rademeyer ook my hy het ook nie. PATETIES