cP
charmuche P

1 reviews | Active since Dec 2016

07 Mar 2017, 15:18

Montana Netcare

Pasient - Luwan Pelser

Vandag skryf ek werklik die brief met ‘n bittersmaak in my mond.

Ons maak al die afgelope 10 jaar gebruik van Montana se noodeenheid indien nodig, oor die blote feit ons nog altyd goeie diens daar gekry het en as gevolg van Dr van Biljon.

Ja daar is altyd ‘n mate van wag, maar regtig gisteraand was net verregaande. Ons het reeds om 20:15 aangekom, waar jou ontvangs personeel net blatant ongeskik was terwyl sy haar blou crunchie bar baie onsmaakvol voor die pasiente eet. Haar eerste prioriteit was beslis haar eetlus en nie my kind wat daar le en krul nie van die pyn.

Na herhaaldelike kere se navra oor wanneer my kind gehelp gaan word het ‘n swart verpleer uiteindelik sy opservasies gedoen en ‘n oranje stieker geplak. Hierdie het darem alles voor 10 uur gebeur.

My kind het op my skoot gele as gevolg van die pyn en jou pragtige ontvangsdames het hom gevra om asb regop te sit aangesien daar nie genoeg sitplek vir julle ander pasiente was nie. Regtig jy dink nie hulle moes hom dalk in ‘n “cubical” gesit het aangesien hy pyn het nie. Jy weet gewoonlik help dit my om te le as ek pyn het.

Om 01:15 is ons deur uiteindelik na ‘n dr waar ons maar net weer laat wag is tot en met 01:55. Jou verpleegster agter het dalk ‘n **** met die kids maar haar mense verhouding is net so **** soos julle fasiliteite huiglik. Toe ek haar vra wat is die punt om na ‘n noodeenheid te kom as ek buitendien net nog 5 ure plus moet wag toe is haar antwoord:” Mev. deal daar mee” ek deal nou daarmee, dankie vir daardie advise, regtig. Sy het wel Luwan se urine getoets, maar glad nie weer sy bloeddruk of koors is geneem nie, ek weet nou nie, maar moet mens nie na tenminste 3 ure weer die pasiente se bloeddruk en koors neem nie.Luwan is vorm is ingevul en toe kom die ander verpleer agter dat sy die verkeerde leer het. Rerig haar reaksie was **** dis darem nog vroeg en nog niks is gedoen nie. Jammer ek vra maar is julle nie veronderstel om meer paraat te wees nie aangesien julle ‘n trauma eenheid is nie.

Toe ek jou verpleegster se jammer man ek het ‘n fobie vir naalde en wil graag he wie ook al Luwan se bloed trek moet asb net een maal die naald insit sonder om hom seer te maak was haar antwoord” Mev ek het 21 jaar se ondervinding” my gedagte was ja en 42 jaar se *** houding. Gelukkig vir haar kon sy dadelik ‘n aar kry. Bloed is getrek en na die uitslae is Luwan vir ‘n CT scan gestuur om te bevestig of dit nie sy blinderderm is nie, waarom na die mees duurste opsie gaan het julle nie ‘n sonar nie, of werk julle sonar nie.

Vanoggend om 04:30 is hy gedignoseer met Gastro Entritis. Huis toe gestuur met ‘n voorskrif en nogsteeds pyn. My persoonlike opinie is jou dr kom hom opneem en vir ‘n dag of 2 daar hou pom seker te maak dis nie sy blindederm nie. Ek stem glad nie saam met die diagnose nie aangesien hy geen diaree het nie, maar pyn aan sy regter kant se sy en sy been pyn die oomblik as jy hom oplig.

Ons is eers om 05:00 daar uit en weereens het jou pragtige ontvangsdames geklae toe ek my voertuig tot voor die deur trek. NIe een van jou personeel lede het eers aangebied om ‘n rolstoel te gee sodat ek hom kar toe kon help nie, ek moes self my 39KG seun dra wat nie ‘n probleem is maar het julle nie rolstoele nie, en as julle een het waarvoor gebruik julle dit nie.

Ek kan jou wel eending belowe ek sal nie weer van jou fasiliteite gebruik maak nie en ook vir Dr van Biljon inlig waaroor ons hom nie weer sal gebruik nie, ek weet my konsultasies sal nou nie ‘n reuse verskil aan sy lewe maak nie maar tog kos julle op die einde van die dag dat hy pasiente verloor.

In ‘n neute dop julle diens is van voor tot agter pateties.

Charmuche Pelser

0
Replies (1)
Netcare
Netcare's reply08 Mar 2017, 08:50
Official

Thank you for bringing your concerns to our attention - we will log your concerns on our Customer Service Help Desk and bring your concerns to the attention of the Hospital Management Team, who will investigate and respond to you.

When we log your query you will receive an automated SMS with a reference number - should you not receive this message or if you have any queries at all please feel free to call our Customer Services Contact Centre on ***3 - 0860 Netcare.