1 reviews | Active since Jun 2014
Ek kry net geen antwoorde op my vrae nie!
Dokter stuur my om bloed te trek vir swangerskap, trek die bloed, nee se sy hulle sal my sms om my uitslae te gee die volgende dag, volgende dag kom en hier by 2uur hoor ek nogsteeds niks, ek bel, al wat die ontvangsdame kan se is ek moet weer in kom om my uitslae te kry, daar staan net ek het Anemia. Ek maak toe n afspraak, gaan sit daar en wag, gaan sien die dokter en al wat sy vir my se is die swangerskap het negatief getoets, maar ons moet weer n toets doen, gaan trek toe WEER bloed, oppad na haar spreekkamer se sy ok ek gaan jou bel met die uitslae more, ek vra toe en nou wat van die Anemia, want ek het gesien op die uitslae daar staan dat ek Anemia het, nee ons sal weer toets en kyk. Volgende dag kom weer en niemand bel my of sms my nie, ek bel en wil met die dokter praat, nee se hulle sy kan nie met my praat nie sy is besig, ek se toe vir die vrou ek kan nie nog wag nie, ok se sy die uitslae is negatief, maar sy sal dat die dokter my bel, want ek het gese ek het vrae! NOOIT gebel nie en elke keer n verskoning as ek bel. Nou moet ek WEER dokter toe, want die eerste een kon nie my n verduideliking gee nie en so kos dit elke **** R400+, maak my moedeloos regtig!
