LN
Linda N

1 reviews | Active since Mar 2020

28 Oct 2021, 15:52

Behandeling in hoe sorg en saal 13 Pretoria Oos Hospitaal

Ek is opgeneem in Pretotia Oos vir n rugoperasie en daarna oorgeplaas na hulle Hoesorg saal. Dit was nagmerrie!! Die"suster" wat na my moes omsien was n student en nie gekwalifiseer om daar te werk nie. Sy was veronderstel om een pasient te he maar sy het 2 gehad. Nadat sy 2 en n half ure verdwyn het en ek daaroor gekla het, het sy nie my pyn of ander medikasie vir my gegee nie. Sy het ook nie my kos vir my gegee nie. Die pasient oorkant my se vriend het die hele nag by haar gesit. Die susters het so onder mekaar baklei. Dit was n n ongelooflike traumatiese ondervinding.

Daarna is ek na net 1 en n half dag oorgeplaas na Saal 13. Met my aankoms daar het die suster gevra of ek wil gaan stort. Ek het aangeneem dat sy weet wat ek mag en nie mag doen nie. In die stort het ek flou geword en geval. Ek kan nie veel onthou nie maar weet dat daar 4 verpleegsters was wat my probeer optel het en my kaal en nat op my bed gesit het en suurstof gegee het!!! My bloeddruk was vir n paar dae ongeveer 83/44. Niks hiervan is op my leer aangeteken nie!! Hulle het vir my Bovril in kook water gegee om my bloeddruk op te kry. Die pasient oorkant my het my op dag 3 gebed was aangesien dit nooit gedoen is nie. Sy het my gehelp eet en ook gemaklik gemaak aangesien ek elke keer vir ten minste n uur of 2 moes wag vir pyn medikasie. My bed het ook nie gefunksioneer nie. Ek is huistoe sonder dat my wond skoongemaak is of dat enige iemand gese het hoe ons die wond moet behandel. Ek wil hierdie met almal deel aangesien ek voel niemand verdien sulke behandeling!! Ek weet nog nie of die val enige skade veroorsaak het nie. Die matrone het my by die huis ges***el maar soos gewoonlik het sy my val en lae bloeddruk ontken. Ek was en is nogsteeds getraumatiseerd deur die gebeurtenis. Ek hoop dat ek met my storie darem kan seker maak dat ander pasiente wat na Pretoria Oos moet gaan sal besef dat dit nie die regte behandeling is nie. Almal verdien beter.

0
Replies (0)