NT
Nadia T

1 reviews | Active since Feb 2016

21 Feb 2017, 02:48

Baie slegte diens

<p>Ek het ' n procedure die 19de Januarie 2017 ondergaan by Netcare Unitas Hospitaal. Daar was van die begin af 'n bybetaaling op die prosedure waarmee ek glad nie 'n probleem gehad het nie. Ek het die geld voor opname betaal en als was reg. Na my prosedure, het Natcare Unitas Hospitaal 'n eis deurgestuur na my mediese fonds toe. Unitas Hospitaal het nerens op die eis aangedui dat ek klaar betaal het vir die bybetaaling nie. So volgens die mediese fonds is daar nog niks betaal by die Hospitaal nie. Die mediese fonds betaal toe die volle gedrag asook die deel wat ek klaar betaal het aan Unitas Hospitaal. Die deel wat ek kla betaal het het die medies uit my saving account geneem want ek moes dit betaal het, wat ek wel het voor opname. So put Unitas my savings uit vir die res van die jaar, wat ek juis nie wou gehad het nie anders sou ek self terug geeis het by my fonds, net omdat hulle niks aanduiding gee wat reeds betaal is nie. Ek het reeds nie dai bedrag terug geeis nie want wil nie my fonds so vroeg in die jaar uitput. Maar Netcare Unitas eis goed wat reeds betaal is sonder enige aanduiding van die betaaling. Toe ek die hospitaal bel, se die vrou sy doen dadelik 'n refund op die geld. Dit was 'n Maandag, behoort die geld teen vrydag te hê, Vrydag kom en daar is geen betaaling gedoen nie. Ek het weer gebel, en toe met Zodwa Ngale gepraat, wat se daar is nog niks aan my saak gedoen nie, sal eers week daarna gedoen word, wat baie onaanvaarbaar is aangesien ek reeds gebel het en gese is hulle handel die saak vandag nog af en 'n week later is daar nog niks gedoen nie. Zodwa Ngale het gese gaan uitvind wat aangaan en hoe lank dit nog gaan vat, en bel my dadelik terug. Ek wag nou nog dat sy my moet bel dis nog 'n week later. Toe ek 'n uur later bel om optevolg toe is sy huistoe. Die geld is toe na 'n lang gesukkel terug betaal aan my maar nie die regte bedrag nie, en weerwens bel ek en niemand kom terug na my toe nie, het self vir Zodwa Ngale by die finansiele afdeling geemail maar het nie eers die ordentlikheid gehad om terug te mail en te se hoekom verskil die bedrag wat ek en die mediese fonds betaal het met die van die refund nie. Ek het nogsteeds geen antwoord en nogsteeds nie my regte bedrag se refund. </p> <p>So lyk my die Hospitaal refund net nie die regte bedrag nie en vat die res. En niemand daar kom terug na mens toe nie en as jy bel en uitvra dan raak hulle baie ongeduldig en ongeskik met 'n mens. So ek wag nogsteeds vir my regte bedrag se refund en dis al meer as ' n maand na die prosedure.</p> <p>Is regtig baie ontevrede hoe die Hospitaal en hulle mense werk.</p>

0
Replies (1)
Netcare
Netcare's reply21 Feb 2017, 11:56
Official

Thank you for bringing your concerns to our attention - we will log your concerns on our Customer Service Help Desk and bring your concerns to the attention of the Hospital Management Team, who will investigate and respond to you.

When we log your query you will receive an automated SMS with a reference number - should you not receive this message or if you have any queries at all please feel free to call our Customer Services Contact Centre on ***3 - 0860 Netcare.