Slegte diens
<p>Ek skryf vanaf 'n gastehuis eienaar se perspektief. 6 Mei 2017 ongeveer 10minute na middernag word daar in ons gaste se motor ingebreek vir die eerste keer in die 10 jaar wat ons in die bedryf is. Neocoms het ons kameras en ons telefoon sisteem opgradeer sowat 3 weke voor die insedent sonder enige opleiding om die toestelle te gebruik. So word die beeldmateriaal van die boef op die kameras vas gestel. Daar is R168000.00 se kamera toerusting gesteel uit die voertuig. Die kliente het daarop aangedring dat ons asb die beeldmateriaal moet stoor. Ek het oor en oor die materiaal gekyk en agter gekom die boef ken die perseel te goed vir 'n eerste keer en het besluit om te kyk wat op die perseel aan gaan as niemand hier is nie. So wil ek die beeldmateriaal van paasnaweek oop maak en die sisteem laat my nie toe nie. Ek bel vir jp steyn die rep wat die diens verkoop om die tegnikus se nommer jaco du plessis vir my te gee. Dit was woensdag 08:23 10 mei 2017. Ek vra vir jaco hoekom kan ek nie die beeldmateriaal terug speel nie en sy antwoord was dat die sisteem net 6 dae se beeldmateriaal stoor op hardeskuif. (Eerste keer vandat ons met hul besigheid doen sowat +- 6 jaar wat hul vir my dit noem) so kom ek agter dat daarnet 2 dae oor is vir my om die beeldmateriaal af te laai voor daar oor dit record word. Ek bel weereens vir jaco met geen terugvoering bel ek die kantoor om te hoor wat moet ek doen want die manier wat jaco my gese het om die beeldmateriaal af te laai word gestoor in rekenaar taal. Woensdag 2 uur stop vusi en frank wat instilasies in die dorp gedoen het hier omdat ek die een kamera wil skuif. Ek vra toe vir vusi weet hy hoe om die beeldmateriaal af te laai hy het probeer maar net geen materiaal op 'n stokkie reg gekom nie. Vusi en frank is hier weg. Donderdag oggend 10 Mei 2017 die laaste dag wat die materiaal beskikbaar is bel ek weer neocoms en praat met jp, corne en hul gee vir my kobus se nommer hul baas. Ek bel kobus en na die 2de probeer **** antwoord hy en se hys al 'n week by die hospitaal sy vrou is in vir operasie. Ek voel net as hy my dan nie kan help nie gee dan nog 'n nommer om te bel wat kan help. Nadat ek 'n epos na corne gestuur het wat weereens my probleem verduidelik hul se dat vusi weer sal kom en 'n tegnikus sal bel om hom te verduidelik wat om te doen ek kon self ook die settings verander as hul my net probeer verduidelik het. So kom vusi 'n uur laat hier aan en al die beeldmateriaal is weg...... die polisie en die versekering vra die materiaal aan en neocoms se net hul is jammer ek voel hulle jaag geld en lewer 'n baie swak diens. Want hul het kla die ****rak met jou geteken daar na dink hul jy is vas en lewer nie diens daar na nie. Vandag weer bel ons die eienaar dwayne en hy se net dat kobus ons sal bel as direkteer van 'n besigheiden hy het nieantwoorde nie. Ek sal hul dienste vir niemand aanbeveel nie.</p>
