1 reviews | Active since Jun 2017

07 Nov 2023, 14:12

Patetiese diens van Nedbank

Ek is so kwaad vir Nedbank, ek kan slange vang! Ons het die voorgeskrewe 3 maande kansellasie vir ons huislening deurgegee en hul het nou al 3 maal die verkeerde syfers deurgegee vir die prokureurs. Ons verkoop van ons huis word vertraag en dit beteken dit kos ons by die dag ekstra, onnodige geld. Ek het my persoonlike banker gevra om dit te help oplos en niks gebeur nie. Ek het haar gevra om vir my ****akbesonderhede te stuur van die regte mens om mee te praat en dit gebeur ook nie. Ek weet nie meer wat om te doen nie. Na amper 30 jaar, oorweeg ek baie sterk om my bankrekening by hulle toe te maak.

0
Replies (0)