AS
Anita S

1 reviews | Active since Feb 2013

29 Feb 2020, 19:17

Ongeldige aftrekking op rekening

Daar gaan al vir meer as 2 jaar 'n betaling van my rekening af NKB-rekkunde-inskryfgelde van R225. Ek was al by die bank om dit te stop en mense by navrae weet nie wat dit is nie en hulle kry dit nie gestop nie. Wel iemand is besig om geld van my te steel deur 'n bedrag van my my rekening af te trek sonder dat ek toestemming gegee het vir dit.

Ek eis dat hierdie spoedig uit gesorteer word en geld spoedig aan my terug betaal word. Ek werk voldag en het nie tyd om in 'n ry te gaan staan en wag en dan te hoor nee hulle weet nie wat dit is nie en hulle kan dit nie stop nie. Dis onaanvaarbaar.

0
Replies (0)