JR
Johanna R

1 reviews | Active since Jul 2012

06 Apr 2021, 14:04

Nedbank Langeberg Mall swak diens

Nedbank Lamgeberg Mall Mosselbaai. Swak diens. Verlede week Dinsdag (30 Maart) gaan ek in na die tak en vra dat my 1 jaar belegging voortydig opgevra word, want ek het DRINGEND geld nodig. Die dame wat my help kan nie die opvraging voltooi nie, want dit kan nie op tak vlak gedoen word nie want ek het die belegging met die App oopgemaak. Met die App, in die tak deur n agent gehelp. Die aanvraag gaan ge-eskaleer word na iemand anders. Later in die dag word ek deur die dame gebel want daar is vorms wat ek moes geteken het. Swak. Ek print die vorms tuis en stuur terug. Dinsdag verby. Woensdag doen ek navraag. As iets verander sal sy my laat weet. Donderdag doen ek weer navraag. Word meegedeel, dat daar Woensdag n probleem met my vorms was. Die van op my vorm was my vorige van. ?? Ek het my nuwe van en besonderhede by Langeberg Mall tak opdateer. My tjek rekening, waarin die geld moet uitbetaal, is op my nuwe van oopgemaak. Die belegging is op my nuwe van oopgemaak. Dus Woensdag gemors, maar ek word verseker as iets verander, sal ek op hoogte gehou word. Op 4 April ontvang ek n uitbetaling van die rente op my belegging en die belegging is nou van n 1 jaar belegging verander na n 32 dae kennis belegging. ?? Maar, die belegging is nog nie uitbetaal nie. Vanoggend, Dins***, 6 Maart gaan ek terug na die tak. Ek vra om die bestiurder te sien. Sy kom sien my buite. Almal om ons kan hoor waaroor ons praat. Sy dui aan dat sy vanoggend weer n eskalasie gedoen het. Sy sal my op hoogte hou as sy iets hoor. Dit is nou al na 1 uur en geen terrugvoer nie. Terwyl sy buite die bank met my praat, opper ek my ander probleme (met my van etc), maar dit is in orde. Hoe kan sy kyk as ons nie by n rekenaar is om dit na te gaan nie? Is ek, die klient, nie belangrik genoeg om ordentlike behandeling te kry nie? Ek het ook Donderdag n aanlyn klagte ingedien en nog niks gehoor nie. My vraag is: wanneer gaan ek my geld kry? Wanneer gaan ek belangrik genoeg wees vir Nedbank om ordentlik behandel te word? Waarom reageer Nedbank nie op my klagtes nie? Ek bel die Langeberg Mall tak se telefoon nommer, dan antwoord n call centre. Hoe kan hulle help as die tak en tak bestuurder nie omgee wanneer ek my geld gaan kry nie? Die swak diens is by die tak, nie die call centre nie.

0
Replies (0)