1 reviews | Active since Aug 2020
Nedbank homeloan *****!!!PASOP!
Op 28 Julie ontvang ek 'n boodskap dat ons homeloan agterstallig is wat baie verdag en vreemd is want banke forseer jou om 'n debietorder te teken vir jou huislening om deur debit-order afgetrek te word, so hoe kan on huislening agterstallig wees? Ek het Nedbank homeloans ges***el en die agent het my verseker dat daar NIKS agterstallig op my rekening is nie. Augustus het ond lening afgegaan soos elke ander maand op 2Aug aangesien 1Aug op 'n sondag geval het. Weereens het ek 'n boodskap ontvang op 12 Augustus dat ons huisleinging agterstallig is ons ons moet ons payment arrangement nakom. WEER het ek ges***el en 'n ander agent het my ingelig dat my man 'n payment arrangement gemaak het op 1Julie net na 10:00 die oggend(vreemd, debietorder reeds af), ek weet eerlik nie hoe dit moontlik is dat 'n debietorder gestop word direk nadat dit afgegaan het nie. Beste is, die persoon wat gemaak het asof hy my man is het ALLES van my man, sy ID, selfoonnommer, ons huisadres, huislening nommer, letterlik ALLES! Daar is GEEN payment arrangements van ons kant af gemaak nie, geen. Ek het aangevra, nadat ek en my man met die agent gepraat het vir meer as 30min dat sy bankstate na ons gestuur word want hy is 'n klient van Nedbank asook die voice-recording waar hy kastig vir hierdie payment arrangement gevra het. Ons het nog NIKS ontvang nie! Ek het weer vrydag 13 Aug 'n brief van Nedbank ontvang waar hulle demand dat ons die gelde betaal soos gereel. Weer het ek ges***el en is ingelig dat my man donderdag 12Aug 16:12 'n oproep gemaak het Nedbank toe en NOG 'n payment arrangement aangegaan het. Beide ek en my man was saam by die huis op daardie stadium en daar is GEEN rekord van 'n oproep van hom of aan Nedbank nie, ons fone was nie eers naby ons nie. Ek het die hele storie aan die ***** afdeling van Nedbank gaan aanmeld en ek het STEEDS GEEN TERUGVOERING ontvang nie! Elke liewe keer as 'n agent vir my die boodskap stuur wat ek moet accept of decline sny die lyne af!!!! Ons is super gefrustreerd met Nedbank en gaan definitief ons huislening skuf na 'n ander instansie! Nog vreemder is dat ons verlede jaar verligting probeer kry het telefonies oor Covid en omdat my salarisskaal drasties verander het en ons is GLAD NIE gehelp nie, daar is vir ons gese dat Nedbank ons nie kan help nie, en ons moes 'n hoop papiere en vorms invul vir die arrangement om net geevalueer en goedgekeur te word, maar hier kom hierdie persoon en reel dit oor die foon, sommer net so, sonder enige papierwerk. Iemand by Nedbank homeloans is besig om kliente lelik te **** en Nedbank se sisteme is so pateties, NIKS word opgetel nie! Dis oor agente van die huis af werk en met al ons persoonlike inligiting voor hulle sit, niemans sal weet of hulle jou info neerskryf of copy nie!
