ljvv
leone jansen van vuuren

1 reviews | Active since Jul 2017

24 May 2023, 15:45

DIE SWAKSTE BANK IN SUID-AFRIKA

By verre die slegste bank met wie ek al gewerk het.

Ons is die nuwe bestuur van n NPO op n klein dorpie, waar die naaste Nedbank aan ons meer as 80km ver weg is. Ons (die nuwe bestuur) het almal al langer as n maand terug ingekom bank toe om die 'signatories' ens te laat verander en so ook die aanlyn bank profiel. Die dag toe ons almal hier is, toe is daar blykbaar probleme met die printer en kon ons kwansuis nie al die papiere teken nie. Daar is gese dat ons ge****ak sal word as ons weer moet inkom om die laaste bladsye te teken. Dit is nooit gedoen nie. Soos ons almal weer na die dorp toe gekom het, waar Nedbank is, het ons geteken en daar is gese dat daar weer n probleem is met die sisteem of iets en ons kan nie jou die aanlyn profiel vir die bank doen nie. Ons ander bestuurslid het WEER ingekom en probeer om die profiel te skep, sonder sukses. Daar is n 'call gelog" by die call centre vir die kwansuise tegniese probleem wat daar is en daar is gese dat hulle ons sal ****ak indien die probleem opgelos is. Ons is nooit ge****ak nie. Ek het weer ingekom bank toe n week later en dit was steeds nie uitgesorteer nie. Ek is gese ek moet die call centre bel. So gemaak en ek is meegedeel dat dit nooit n tegniese fout was nie, maar dat die konsultant self die fout kan regstel. Ek is daardie selfde middag ge****ak en gese dat alles nou reg is en dat ek moet probeer om die aanlyn profiel te skep van my rekenaar af en indie. Dit nie werk nie, moet ek WEER inkom bank toe (let wel, dit is elke keer 80km heen en weer om in te ry bank toe). Ek was vandag WEER daar en sowaar, NOGSTEEDS is die "tegniese probleem" daar. Hierdie is absoluut belaglik!

0
Replies (0)