AB
A B

1 reviews | Active since Sept 2022

22 Dec 2022, 20:53

Bank wat spog oor kliëntediens en uitmuntende groei in hul kliënte basis.

Nedbank, wat moet mens nog doen om 'n besigheids- en trust rekening te sluit? Ek moes 2 keer vir ure lank in jul Centurion tak spandeer. Salome verstaan geen Afrikaans en skynbaar ook nie Engels nie. Die rekening is al in Oktober gesluit. Nog steeds word adminfooie gedebiteer. Na al die gesukkel, word ek per sms en epos geteister oor my trust rekening wat R72 oortrokke is a.g.v adminfooie wat gehef word. Ek het jul epos beantwoord en gesê die rekenings is gesluit. Nou kry ek aanhoudende smsse, dat ek julle oproepe ignoreer. Ongelukkig het 'n klient weer geld in die rekening betaal, dit wys op die bankstaat, weereens is adminfooie afgetrek. Die ergste is dat ek nie die geld na my FNB rekening kan oorbetaal nie a.g.v 'n 0 balans, veroorsaak deur die R72 debiet op die trusrekening. Dis 2 aparte rekenings! Indien dit vir niemand sin maak nie, vir my ook nie. Wat het geword van RTS( Return to sender), dan kan die klient dit in die regte rekening oorbetaal. Nedbank, ek het my 1ste motor by Nedfin gefinansier, toe was julle nog nie eers 'n bank nie. Na omtrent 40 jaar as 'n klient, kry julle 'n 0.

0
Replies (0)