CX
Christo X

1 reviews | Active since Mar 2012

09 Apr 2026, 13:37

SWAK USELESS DIENS

MWEB het nou in amper twee weke NOG NIKS gedoen om my te help met my probleem nie. hulle het my gebel, en ons het NIKS bespreek oor die tegniese probleem nie. hulle moes my 11 uur vandag bel, maar het weereens nie dit gedoen nie. hulle bly sms'e stuur wat hulle beweer hulle bel my sonder sukses. ek het geen oproep van hulle ontvang nie. Hulle het my nou gebel en die foon het twee luie gegee en toe is dit dood. DIT DOEN HULLE NET OM TE BEWYS DAT HULLE MY PROBEER BEL HET. USELESS *****S !!!!!!!!!! Soos een ontevrede klient genoem het...they are running around the bush die hele tyd....speel speletjies met kliente want hulle het nie respek nie.

0
Replies (1)
Mweb
Mweb's reply09 Apr 2026, 13:53
Official
Goeiedag, Christo,

Ons verstaan ten volle hoe frustrerend en ontstellend hierdie ervaring moet wees, veral nadat jy vir 'n lang tydperk op hulp gewag het en nie die verwagte opvolg ontvang het nie. Om geskeduleerde terugbeloproepe te mis en boodskappe te ontvang wat ****akpogings aandui wanneer jy nie suksesvol bereik is nie, kan verstaanbaar lei tot 'n verlies aan vertroue in die proses.

Van ons kant af kan ons sien dat pogings aangewend is om jou te bereik, hoewel dit ongelukkig nie suksesvol was nie. Ons het dit na die Tegniese Ondersteuningspan geëskaleer en versoek dat hulle nog 'n poging aanwend om jou te ****ak en jou met jou tegniese probleem te help.

As jy op 'n spesifieke tyd beskikbaar is of 'n alternatiewe ****aknommer verkies, stuur asseblief vir ons 'n direkte boodskap op Hello Peter, en ons span sal verseker dat dit aangeteken word om verdere vertragings te vermy.

Vriendelike groete,
Mweb-span

Best regards,