1 reviews | Active since Jul 2018
Verkeerde Pakket op ****rak
My Mtn data ****rak het verval einde Mei, ek het Mei ingegaan na die MTN in Ladismith Wes-Kaap daar is vir my gese die modem moet bestel word hulle het nie in voorraad nie. 10/11 Junie word ek gebel om te se die modem het gekom ek kan my ****rak se papiere teken ek het meer as 1 keer vir die konsultant gevra gaan ek nog steed dai pakket kry waarvoor ek gevra het toe ek ingekom het om die ****rak te hernu en daar was met my gedeel ek kry dieselfde pakket. Einde Junie toe ek nou die data moes kry kry ek net 5gig en nie die 10 gig soos wat daar vir my gese was. Ek het die tak dadelik gebel en gese ek dink hier is groot fout op my ****rak want dus nie die pakket waarvoor ek gevra het nie, die konsultant het gese sy sal kyk wat aangaan en my terug bel. Ek is nooit terug gebel ek moes toe weer die winkel bel en hoor of daar al enige nuus en se sy dat hulle kan nie my pakket regstel nie hulle het vir my die 5 gig pakket gegee inplaas van die 10gig. Ek het Maandag MTN hoofkantoor gebel om te hoor wat moet ek doen want die tak weier om my pakket reg te stel. MTN hoofkantoor het gese die tak moet my ****rak regstel en ek het weer na die tak gegaan om te se hulle moet asb my ****rak reg stel en daar is met my gedeel hulle sal dit nie regstel want dus nie 'n fout aan hulle kant en ewe skielik verander hulle die hele storie oor wat gebeur die dag in winkel toe ek my ****rak kom hernu het. Ek wil graag net he my ****rak moet reggestel word want hoekom moet ek betaal vir 'n ****rak waarvoor ek nie gekies het nie en let wel dus nie al die 1ste keer dat MTN Ladismith dit doen wanneer ek my ****rak kom hernu elke kies hulle vir jou 'n pakket want hulle dink jy moet vat en nie dit waarvoor jy gevra het.
