1 reviews | Active since Mar 2017

02 Mar 2017, 15:02

verkeerde ****rak

Ek was 28 Desember 2016 by MTN Langebaan in Laguna Mall om 'n nuwe ****rak uit te neem by MTN. Renier North het my gehelp. Die pakket wat ek gekies het was 100min, 100SMS'e en 2GB data @ R699 per maand. Ek moes egter nog dokumentasie kry en kon toe eers die foon 30/12/2016 gaan haal. Renier was toe nie daar nie en Jolene Ruiters het my gehelp. Sy het my verseker dat alle dokumentasie korrek is soos ek met Renier bespreek het en dat ek nog net moes teken aangesien alles reeds in plek was.

Einde Januarie kom ek toe agter dat daar net R669 van my verhaal word en by verdere ondersoek, vind ek uit dat hulle verkeerde pakket op my ****rak gesit het! Nou kry ek net 200 minute, 200 SMS en 500mB.

Aangesien ek in Durbanville bly, het ek na MTN kantore hier gegaan. Charl Swartz het my gehelp en aanbeveel dat ek 'n epos aan hom stuur ter verduideliking en hy sal dit verder opneem met MTN hoofkantoor. 'n Week later het ek opgevolg en daar was nog steeds geen resultate nie. Hy het wel vir my 'n verwysings nommer gegee, ********** 7, maar tot op hede het niemand nog na my teruggekom of verduidelik wat aangaan nie.

Dit is nou al 2 maande nadat ek die ****rak uitgeneem het en MTN verkeerde pakket gelaai het. Ek het MTN vele kere probeer bel, maar die telefoon lui net. Ek het Renier North vele kere probeer bel, maar die telefoon lui net. Ek het Renier North ge SMS en epos, maar GEEN antwoord gekry nie. Ek het MTN self gebel en toe ek my situasie verduidelik, het die dame die telefoon in my oor neergesit, nog voor ek klaar was.

SWAK DIENS van MTN!!! Ek wil net my korrekte pakket hê!

0
Replies (1)
's update09 Mar 2017, 14:07
Reviewer Update

Baie dankie MTN. Johlene Ruiters het my die volgende dag ge****ak om die misverstand uit te sorteer. Sy het my vandag weer ge****ak om te bevestig dat die ****rak nou reggestel is. Baie dankie.