JP
Jolene P

1 reviews | Active since Apr 2022

28 Apr 2022, 11:17

UITERS SWAK DIENS!

GATVOL vir Heidelberg MTN! I n Februarie 2022 moes ek ‘n nommer op gradeer, daar was eindelose probleme, beloftes word gemaak en nie na gekom nie, Die een wat my moes help doen eenvoudig net nie sy werk nie. Die ander lê soos ‘n vrot vel op een van die banke, die winkel bestuurder roep hom om ‘n oproep te vat, hy weier net, se die kliënt kan aanhou tot hulle aflui of ‘n boodskap los, hy sal nie met hulle praat nie. Ek was die Donderdag in die winkel, ek moes die nuwe foon die Maandag kry. Hulle cancel sommer die opgradering van die ****rak want dit vat te lank aan hulle kant???? Na ek in die winkel was, 'n scene gemaak het en hoofkantoor gebel het 3 weke na ek die foon moes kry kon hulle baie vinnig plan maak. 'n Opgradering van 'n foon vat 'n maand! ‘n Maand later moes ek die selfde ****rak oordra van een maatskappy na ‘n ander, MOERSE lot papierwerk, onder andere al twee direkteure ID’s alle epos adresse en adresse wat reg gemaak moes word ingehandig. Ry ‘n klomp kere na die winkel toe net om te hoor dat hulle steeds besig is, na amper 2 weke is die ****rak oorgedra, ook eers na ek so te se elke dag daar was. Ek is dubbel ge invoice vir die ****rak – op die nuwe besigheid se naam. Die details op die invoice is verkeerd. Dis die nuwe besigheid se naam maar die ou besigheid se adres en epos adres. Daar het ‘n credit note gekom – alles op die ou maatskappy se naam. Die staat se details is ook verkeerd – die ou maatskappy se ****ak nommers steeds daarop. Die ou maatskappy se direkteur se besonderhede was ook steeds op die ****rak. HOEKOM HET EK AL DIE PAPIERWERK INGEGEE AS THEMBA DOOD EENVOUDIG SY GAT DAARAAN AFVEE EN NET VERANDER WAT HY WIL????? My boekhouer weier om die dokumente te aanvaar aangesien dit verkeerd is. MTN weier om ‘n brief te gee om te se dit was hulle fout. Die bestuurder is ook van geen hulp , volgens haar moet ek dit nou maar met die een wat die ****rak gedoen het uitklaar, HOEKOM IS SY DAN 'n BERSTUURDER? EK KAN NIE KLA OOR MTN SE DIENS NIE WANT DAAR IS GEEN DIENS NIE!

0
Replies (0)