1 reviews | Active since May 2020
Uiters Swak Diens
Ek is woedend kwaad en bitter teleurgesteld in MTN - die "service champions". MTN het GEEN respek vir hulle kliënte nie!! Hulle het GEEN kliënte diens nie, hulle voel vir hulle kliënte NIKS. Hulle is ALLESBEHALWE "service champions". Hulle kanselleer jou dienste sonder om enige kennisgewing uit te stuur nie. Hulle sny summier jou diens af! DIS UITERS SWAK!! As jy 'n selfoon diensvers****** soek, sal ek NIE MTN aanbeveel nie, BLY WEG VAN HULLE AF! My gesin van 5 het al 15 jaar 'n ****rak by MTN. Met ons opgradering vroeg in die jaar het ons 3 kinders hul eie ****rakte uitgeneem. 2 van die ****rakte is verander na pre-paid. 11 April word hulle dienste gekanselleer. Na 'n lang gesukkel moes ek uitvind die 2 fone moet gerica word! Ons is al 15jaar by hulle, hoekom is rica nodig. Die rica kan net by MTN gedoen word, en tydens lockdown is hulle toe. Nog 2 van ons se dienste is gister afgesny, want 'n bedrag in die ou ****rak is uitstaande. Al s***el jy hulle, hou jy aan vir 'n ewigheid en hulle stuur jou van bakboord na stuurboord.
