Begin 2016 my ****rak by MTN opgradeer. Die Koerier het my foon afgelewer. Ek was baie in my skik met die fantastiese diens. 'n Maand Later wil die foon niks meer doen nie, die foon sit af, gooi inligting weg en 'hang as ek op die internet gaan. Ek het hulle gebel en gevra dat hul die foon kom haal en ek soek 'n nuwe een. Ek betaal 'after all' my rekening. Groot verskoning van maar ek moet ingaan dorp toe en dan my foon wegstuur (Dis my werksfoon) .
Kom ek maak 'n lang storie kort: MTN wou my nie help nie, ek weier om te betaal want ek kan nie eens die ding aansit nie. Ek het 'n prepaid foon gaan koop op my onkoste en ook 'n nuwe nommer daarmee saam want ek kan nie eens my MTN simkaart gebruik nie. Op daardie einste propaid bel ek ten minste R900 uit agter MTN aan om hulp te kry.
Hulle dagvaar my vir wanbetaling, Great!!! Die einde van Augustus betaal ek die prokureur 'n laaste R1000 dan is ek ontslae van hierdie swak swak maatskappy. Die R5000 foon kos my nou R15000 waarvan ek hom 'n maand gebruik het. (Onthou die simkaart werk ook nie)
MTN het my geld en ek het geen diens of foon of niks van hulle kant af gekry nie. THANKS MTN vir absoluut niks, hou so aan, die ander netwerke kry beslis my steun
Dankie vir u navraag.
Ons vra onverskoning vir die diens wat u ontvang het.
Kan u ons help met die MTN rekening besonderhede on vir u erug voering te gee.
Groete
Alice van der Merwe
Best regards,
Dankie vir u navraag.
Ons vra onverskoning vir die diens wat u ontvang het.
Kan u ons help met die MTN rekening besonderhede on vir u erug voering te gee.
Groete
Alice van der Merwe
Best regards,
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.