DD
Doreen D

1 reviews | Active since Nov 2020

27 Nov 2020, 13:04

Swak dienslewering en slegte kliënt behandeling

Goeie middag, ek is baie ongelukkig en hartseer teenoor die Mtn tak in Vryburg. Ek het my selfoon by die tak ingehandig om die foon se skerm reg te laat maak. Ek was ñ maand gelede by die taak om te gaan hoor of my foon al terug is vd werkswinkel en so het ñ dame Yolandè my gehelp en gesé ek moet die volgende dag kom, want my foon is by die tak. Ek het die volgende dag toe gegaan net om van haar he hoor dat die foon nog by hul werkswinkel is sy sal hulle bel en hoor. Ek het nog gestaan en wag toe kom sê sy vir my sy het slegte nie, die werkswinkel het gebel en gesé hulle het my foon "destroy" en die parte gebruik om ander fone reg te maak. Ek het haar gevra hoe is dit moontlik, want my foon was nie stukkend nie dit was net die skerm wat gebreek het. Een van haar kollegas het ook kom praat, Johan, hy was so lelik met my. Hy het aanmekaar met sy vinger in my gesig gewys tot ek hom gevra het om my ophou te point. Dit was so na twee, die bestuurder oom Joe was al huis toe. Johan het homself aan my voorgestel as Yolandé se supervisor. Die volgende oggend het ek vir Yolandé gebel om die dokumentasies aan te vra met wie sy by die werkswinkel gepraat het en ook vir.my die courier wat die pakkie op kom tel het se dokumente moet gee toe gee sy die foon vir die bestuurder om te praat. Die bestuyrder was so lelik met my gewees. Wat ek hom sé hy vra nie eers wat het die vorige dag gebeur nie toe se hy hoef nie te vra nie, want die is sy personeel en sé toe vir my dat ek op Yolandé gegil asof hy daar was. Hy was vreeslik partydig. Ons kry altyd so tipe behandeling by die Vryburg tak. Ek wou so graag met die Area Bestuurder ge****ak het, maar kon nie haar nr kry nie, want ñ kliënt wat ook voorheen met dieselfde tak ñ probleem gehad het, het my gesé dat hul area bestuurder ten minste luister na die probleem. Ek soek asb net my foon. Die werkswinkel sal nooit my foon vernietig nie, hulle sal dit eerder terug stuur na die tak toe. Yolandě het nie eers vir my ñ vorm laat invul wat sy my foon gevat het nie. Ek soek groot asb net my foon. Ek is vir meer as tien jaar ñ kliënt van.Mtn en weier om na ñ ander netwerk te gaan. Yolanda, die area bestuurder van Kimberly, help my asb en praat met die bestuurder om ten alle tye konsekwent te wees en nie partydig he wees nie. Baie dankie.

0
Replies (0)