1 reviews | Active since May 2020
MTN South Africa dispuut en diskonneksie
More, ek wil 'n dispuut aanmeld met MTN se customer care, accounts department, banking department ivm my selfoon rekening van sedert 3 Maart 2026 weeer afgesny is. Vanaf Mei 2025 sukkel ek om die maandelikse betalings - wat ALMAL wys op my bankrekening maar nie een op hulle stelsel wys nie, reg te stel. Een maand is dit reg, 'n maand later is dit verkeerd Ek het maandeliks dit aangemeld en as reeds 5 maal (100 km elke keer heen en weer) na die MTN kantoor in Langeberg Mall se MTN winkel waar Ashley Adonis vir my sy uiterste bes gedoen het om dit reg te stel. Tussen ons twee het ons net hierdie jaar, die bewys van betalings 6 keer aangestuur en elke keer word ons verwys, of na 'n ander departement of ek kon geen hulp kry van die Customer care nommer wanneer ek al herhaaldelik gebel het nie. Ek is ook aanmekaar gevra om weeeeer die klomp prompts te gaan en te kyk of 'n ander afdeling kan help, as het ek by accounts uitgekom. Die afgelope 3 weke het ek weer 4 maal ingery en Ashley meer as 6 ure met hulle telefonies dit probeer uitklaar en toe ek vanmore weer navraag doen, word ek vertel die "contract departement" is nie oop oor naweke nie. Die bewys van betalings, direk van my bank app af, het reeds Dinsdag, nadat een departement dit opgelaai het en toe vertel is dit registreer nie, want die 'banking department" is al wie dit mag oplaai. het dit na nog 2 uur se wag, op my rekening gewys in die winkel en dit nadat 3 afdelings ook ontvangs erken het en dan ons weer verwys het na 'n ander afdeling. Ek is oorgegee en kry kort-kort oproepe van die debt collectors kantoor wat beweer ek moet HULLE eers betaal, voor dit herstel kan word. Ek is besig met aanlyn studies en werk aanlyn, maar moet data koop op my selfoon vir hotspot, terwyl MTN my 900GB skuld sedert Maart 2026 op my modem se ****rak. Ek is al klaar weer uit data uit en moet ten duurste dit aankoop. Hulle ondersteun nie eers hulle eie 'winkels' of franchises nie, hoe op aarde moet 'n privaat persoon hulle oortuig dat daar 'n fout is.
