LM
Linda-Mari Muller

1 reviews | Active since Sept 2017

03 Nov 2017, 12:22

Boipelo Makgothi

Ek is n bietjie laat met die post, maar wil dit nog steeds doen. Na my, amper 2 maande, van sukkel met summer mobile oor my ****rak upgrade, het ek na die mtn house in Bloemfontein gegaan om daar met iemand te praat om my ****rak sommer heeltemal te kanseleer. Boipelo Makgothi het my gehelp, ek het verwag dat hy ook net sy skouers gaan optrek, maar hy het my verras en bestuurders gevra en Summer mobile ge****ak. Hy het rerig sy bes gedoen om die probleem vir my op te klaar sodat ek my ****rak by hul kon hou. Hy het ure op die foon gesit en baklei vir my. Lang storie kort, toe ek gaan om te hoor wat hul uit gerug gekry het en na ek n sms gekry het wat ek nie lekker verstaan het nie, vra hy watter foon ek wil he. Ek was so bly dat ons die upgrade kon stop en ek n nuwe een kon doen. Hy het ongelukkig nie die foon in voorraad gehad wat ek wou hê nie, maar dadelik Mimosa Mall se tak ge****ak en my besonderhede vir hul gegee om solank te begin met my upgrade. Dis wat ek diens noem. Wens almal het soveel trots in hul werk gehad. Baie dankie Boipelo.

0
Replies (2)
MTN South Africa
MTN South Africa's reply04 Nov 2017, 19:20
Official

Dankie vir u Hello Peter versoek.

Die goeie kliente diens boodskap was gestuur na Boipelo Makgothi vir sy goeie diens lewering.

Groete,

Alice van der Merwe

Best regards,

LM
Linda-Mari Muller's update04 Nov 2017, 20:40
Reviewer Update
Baie dankie vir die aanstuur, Alice. Ek waardeer.