1 reviews | Active since Aug 2016
Bad service

Hiermee wil ek net my ongelukkigheid uitspreek oor die swak diens wat ek gekry het by MTN Worcester Mountain Mill Mall. (0138)

My ma is al jare by MTN en sy het vir my gesê dat sy n ****rak sal uitneem op haar naam vir my en dat ek van Vodacom af moet oorkom.

Op 04/08/2016 het ek en sy na MTN gegaan vir die ****rak. Erica het ons baie mooi gehelp en sy het selfs die foon die Vrydag (05/08/2016) vir my gebring waar ek werk in die Mall.

Ek en my ma was toe die naweek afgesny en kon geen oproepe maak nie. Na navraag gedoen was is agtergekom dat Erica nie my ma se krediet verhoog het nie en dat dit die rede was dat ons afgesny was. Dit is toe Sondag reggestel na my ma gebel het.

Op 09/08/2016 wou ek my calculator gebruik op my foon toe ek agterkom dat dit nie werk nie. Ek het na Erica toe gegaan waar sy toe n calculator afgelaai het van die internet af en vir my terugggee het. Ek was nie gelukkig nie en my ma het die foon die Woensdag terug geneem waarop vasgestel was dat die software foutief was. Ek moes die foon die Donderdag met als teruggeneem het om n nuwe een te kan kry voor die 7 dae tydperk. n Ene Christine het vir my ma gesê dat daar n foon is maar toe ek daar kom die oggend toe sê sy sy het n fout gemaak en dat hulle nie een het nie. Ek sal moet wag vir een wat hulle bestel het. Ek het haar gevvra oor al my inligting wat op die nuwe foon is waarop sy gesê het dat ek als gaan verloor want die foon word terug gestuur. Ek het navfraag gedoen oor die screen protector waarop gesê was dat hulle niks oor dit kan doen nie.

Ek het my ou foon vir hulle gaan gee om al die inligting oor te sit. Die winkel bestuurder, Lana het vir my gesê dat ek eers Maandag n ander foon gaan kry want sy weet nie waar die fone op die oomblik is nie en dat sy dit nie kan track nie.

Toe ek later my ou foon wou gaan haal het na al die inligting wat oorgesit was het Christne vir my gesê dat die fone aangekom het en dat sy al my inligting op die nuwe foon gesit het.

By die huis het ek gemerk dat daar reeds Whatsapp en Facebook op is. MTN Moutain Mill se mail adres is op die foon en daar was baie contacts in my lys wat nie myne is nie. Die helfte van my musiek en fotos is weg.

Vanoggend (13/08/2016) het ek teruggegaan na MTN en my foon vir Erica gegee en navraag gedoen oor al die ekstras op my foon. Christine het uit die kantoor gekom waarop sy en Lana vir my gesê het dat die nommers seker op die foon gekom het toe hulle die mail adres ingeit het.

Ek het gesê dat hulle die ****rak moet kanselleer want ek is baie ongelukkig van die begin af. Ek het Christine gevra oor al my ander inligting wat weg is en wie gee haar die reg om die nuwe foon oop te maak en daar op die seël staan dat dit nie aanvaar moet word as dit gebreek is nie. Ek het die foon gevat en gesê dat ek my ma sal inlig om die ****rak te stop waarop Christine gesê het dat ek kan doen wat ek wil voor n winkel vol mense.

Ek het haar gesê dat sy nie so my as kliënt mag praat nie waarop sy aanmekaar iets gemompel het wat ek nie kon hhoor nie. Lana wat die bestuurder is het nie n poging aangewend om die situasie te ontlond nie.

Baie dankie vir u navraag.
Ons vra omverskoning vir die ongerief.
Ons het die versoek gestuur na die Stoor managers wat in beheer is van al die MTN store om na die klagte te kyk en dan terug voering te kry van die stoor wat u gehelp het.
Groete,
Alice van der Merwe
REQ:***
Best regards,
Baie dankie vir u navraag.
Ons vra omverskoning vir die ongerief.
Ons het die versoek gestuur na die Stoor managers wat in beheer is van al die MTN store om na die klagte te kyk en dan terug voering te kry van die stoor wat u gehelp het.
Groete,
Alice van der Merwe
REQ:***
Best regards,
Goeie dag
Tot en met vandag het niemand my nog ge****ak nie.
Ek is al raadop.
Goeie dag
Tot en met vandag het niemand my nog ge****ak nie.
Ek is al raadop.
Goeie dag
Ek het nog geen nuus gekry nie. Is daar enige vordering?
Groete
Goeie dag
Ek het nog geen nuus gekry nie. Is daar enige vordering?
Groete