AS
Alida S

1 reviews | Active since Aug 2020

31 Oct 2022, 20:37

Mr Price Sport Fleurdal Mall

Ek het vandag 31 Oktober 2022 om ongeveer 17h Mr Price Sport te Fleurdal Mall Bloemfontein besoek.

Dit was die aakligste diens wat ek nog ontvang het.

Ons staan voor in die ry om te betaal daar was niemand voor ons nie. Daar staan 4 of 5 mense by die till waarvan 1 persoon besig is om iemand anders te help. Die ander het ons net aangekyk en in hulle taal gepraat en ons verder geïgnoreer.

Ons het 'n hele paar minute gewag totdat n ene Katlego voetsleep opgedaag het wie besig was met haar tablet en die wêreldse tyd geneem het om ons te help. Nie baie vriendelik nie want ons het duidelik inbraak op haar tyd wat sy met die tablet gehad het gemaak.

Sy vra of ek n sak soek en ek sê "nee dankie" waarna sy my aangluur. Sy lui die items op en kan dit nie eers netjies opvou sodat ons dit kan verpak nie, gooi dit letterlik net eenkant neer toe sy dit klaar opgelui het. Die een item het nie n prys opgehad nie, toe vra sy my dogter met 'n grin op die gesig om die prys te gaan kry op 'n item wat dieselfde is met 'n prys aan. Met alle respek dis nie my of my dogter se plek om sy wat daar werk se werk te doen nie. Heel duidelik was sy nie in haar noppies om ons te help nie. Ek wou omdraai en alles net so los waarna my dogter gevra het "kom ons betaal net die goed en loop" nadat my dogter wel die item met 'n prys op gaan haal het. Dit is asof die wêreld daardie werkers iets skuld. Daar is geen trots in dit wat hulle doen nie en om van kliëntediens te praat is daar nie eers sprake nie. Die een probeer meer nors en ongeskik wees as die ander een. Hulle is vermakerig om in hulle taal te praat en na ons kant te kyk want hulle weet ons verstaan niks nie. En indien hulle jou help is dit asof hulle jou 'n helse guns doen. Duidelik sien daardie winkel my nooit weer nie.

Stuur die werkers asseblief vir kliëntediens opleiding.

Vriendelikheid, hoflikheid en respek teenoor jou medemens kos niks nie. Duidelik het daardie werkers geen maniere of kliënte diens etiket nie.

0
Replies (0)