EB
Elrine B

1 reviews | Active since Mar 2018

15 Mar 2018, 09:58

Moeg gesukkel

Nooit weer sal ek aanlyn van Mr Price Sport koop nie. Ek en baie ander mense in Musina het al van tevore by hulle gekoop en dit was by ons huise afgelaai, selfs by my vriendin se plaas buite Musina. Nou skielik lewer hulle nie meer in Musina af nie, maar Mr Price Home en al die ander besighede in die wereld lewer hier af. Bel jy Customer care se hulle net jammer kan hulle jou met iets anders help. Dit kos my om 'n koerier van Musina af te laat ry en my pakkie in Polokwane te gaan oplaai. Toe kry ek my pakkie, maar sonder al die items want dit was glo uitverkoop, ek gaan nou glo 'n geskenkbewys kry net om weer iets te bestel en 'n koerier te betaal om dit in Polokwane te gaan haal teen nog ekstra kostes. Teen die prys kon ek maar self Polokwane toe gery het om by Mr Price Sport te gaan koop. Al wat Customer care se is jammer. Verseker nooit weer nie.

0
Replies (0)